Chinese Kom!

Wednesday 19th of March 2003
Petra Hamman

Namibie, "the smile on the face of Africa" het in dertien jaar van onafhanklikheid al meer hangwange geword en ‘n moesie op die neus gegroei.

Strukture het verval, staatsbates het vermuf en geld het soos strome van seën in sekere mense se sakke gevloei terwyl ander al meer honger ly. Die "smile" kan nie meer "smile" nie want daar is te veel melaatsheid oral in die lug en op die grond.

Vreemde mense wat nie deel van Afrika is nie, het oor die grense begin stroom, miskien op soek na Lebensraum want hulle kom uit die land van die biljoene . Chinese en Koreane kry op die oog af baie spesiale voorkeure. Hulle doen die groteske bouwerke vir die regering, hulle kry groot kontrakte om te bou en baie werkgeleenthede is vir die eie mense neusie verby. By so ‘n grootse bouwerk soos die presi-densiële paleis gee hulle sommer nog ‘n paar miljoen dollars ook as geskenk aan die regering.

Selfs in Swakopmund word daar nou begin met die bou van ‘n groot sportkompleks en dit sal die tweede tartanbaan in die land insluit. Soos die hof, is dit ook Chinese bouwerk Staatsprojekte in die hande van vreemdes en werkgeleenthede vir die inheemse is neusie verby.

Elke dorp, dorpie, plekkie waar twee gehuggies staan, is daar ‘n Chinese winkel en dit dryf handel. Geleenthede vir die eie bevolking word so ondermyn en mense met swak gehalte goedere uitgebuit. Na raming is daar tans byna 30,000 Chinese en Koreane in die land en hulle neem aan verskeie aktiwiteite deel om geld te kry. Die twee lande het nog baie miljoene mense en dit is duidelik dat hulle in getalle hierheen verhuis ten koste van die inheemse bevolking. Of is dit die "foreign investment" wat die President vir ons gaan haal het met die Jet?

Chinatown! Here we come!

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia