![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 20th of August 2004
Links: Op 6 Augustus was dit nie meer ‘n geheim nie: Tsumeb se Prinsepaar is aan die publiek voorgestel tydens die 38ste jaarlikse Tsunka-Karneval. Prinses Elke die Gesundheitsbewußte en Prins Manus der Salatkönig (die Slaai-Koning) gaan nou vir ‘n hele 12 maande lank die narre van die myndorp regeer. Die karneval het goed afgeskop en mense het baie gepraat oor die optredes van Tsumeb se kunstenaars. Op Saterdag is daar die tradisionele optog met vlotte gehou. En toe het die Kehraus in die plaaslike Minen Hotel gevolg. Regina Himmel wat ‘n leidende rol gespeel het, was optimisties dat Tsumka op hierdie vlak nog lank sal aangaan, terwyl skeptiese stemme voor die Büttenabend gereken het: die ksarneval moet liewers net elke tweede jaar plaasvind. Daar was egter ook bydraes uit Windhoek (soos die Garde) - en oor die algemeen was Tsumka ‘n reuse sukses. Dit ten spyte van griep en verkoues en ander verpligtinge. Dankie, Tsumeb!!! |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





