MAG Beswaar oor Misbruik naan skoliere

Friday 27th of August 2004
PLUS

Op die Jaarlikse Vergadering van Monitor Aksiegroep wat gehou was op Vrydag, 13 Augustus 2004, is onder meer eenparig soos volg besluit:

- Dat MAG baie ernstig beswaar maak by die Minister van Onderwys vir die ongewenste en afkeurenswaardige, asook onoordeelkundige wyse waarop leerlinge by staatsskole, veral laerskole, subtiel vanuit die amptenare administrasie betrek word by openbare marse en demonstrasies rakend seksuele voorligting.

Die gepropageerde 7 Augustus 2004 skoliere opmars in Erongo Streek ter "viering" van die "internasionale Kondoom dag" verwys.

Leerlinge is geteiken om die gemeen-skap te "educate" aangaande kon-doomgebruik by wyse van "to demonstrate condom use"... ten tyde van hierdie opmars!

- Die persone in die amptenare geledere van wie hierdie afkeurenswaardige beplanning uitgegaan het, behoort nie langer met onderwys en opvoeding te doen te he nie, maar behoort verplaas te word na die Ministerie van Gesond-heid en Welsyn.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia