Gister was Heldedag

Friday 27th of August 2004
Petra Hamman

Gister was Heldedag. Die arme land het weer gesoek vir al die helde wat moet vereer word. Dit het miskien tyd geword dat daar ‘n ander interpretasie aan die begrip held gegee word. Hierdie vakansiedae wat so kwistig in die land voorkom kos baie geld en dit is duidelik dat dit in geen opsig van die land ‘n beter plek gemaak het om te woon nie. Inteendeel baie sterk manne in die land het blykbaar ‘n vrypas om mense op straat of in hul huise of langs die strand koelbloedig te vermoor. Miskien moet hierdie moordslagoffers ook op so ‘n dag herdenk word en die moordenaars dan veilig agter slot en grendel gehou word.

Miskien moet die naasbestaandes van slagoffers ook onderskraag word in hulle droefheid Daar kan seker op die dag ook voorraad opgeneem word van die getal koelbloedige moored en Namibie kan besluit of die land ‘n land van helde of moordenaars is. ‘n Vrou met ‘n donker gelaatskleur het in ‘n onderhoud met haar oor die radio toe haar mening oor die dag gevra is, gesê: " Dis sommer net ‘n dag rondsit en drink"

Hoe kan die helde ook val. Alle respek dan aan die mense wat in hulle oortuiging ook hul lewe ingeboet het in ‘n stryd waarin hulle geglo het. Veral diegene wat tydens die "struggle" in kampe of andersins aan die hand van partygenote gesterf het verdien ook om as helde vereer te word.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia