Swakopmund maak Geskiedenis

Friday 27th of August 2004
Petra Hamman

In Swakopmund word hierdie week geskiedenis gemaak met die mediese kongres wat hier plaasvind onder voorsitterskap van Dr Matti Kimberg van Walvisbaai

Lesings deur verskeie spesialiste op hulle besondere gebied sal gehou word en terselfdertyd vind ‘n uitstalling van mediese produkte plaas. Verteen-woordigers van die RSA sal ook hulle ware kom uitstal en dis duidelik dat menige medikus hom sal verlustig in die moderne middels en apparaat wat aangebied word. Vyftig stalletjies met die nuutste en gevorderde medikamente en apparaat kan weliswaar mediese praktisyns verstom

Hierdie kongres vorm ‘n lewens-noodsaaklike forum in die land waar medici op vakkundige vlak sowel as sosiaal met mekaar kan verkeer. By die gebrek aan ‘n mediese skool in Namibie kan daar vir die land enorme voordeel spruit uit so ‘n jaarlikse forum waar medici akademies sowel as sosiaal met mekaar kan gedagtes wissel.

Die praktisyns in die mediese beroep kan ook op die wyse wyer insigte in die behoeftes van hul pasiente bekom.

Die 2004 kongres is vas beslote om die mediese probleme van die land aan te durf en hierdie is ‘n gulde geleentheid.

Vanselfsprekend sal MIV/Vigs prominent op die agenda wees maar

Malaria en tuberkulose sal ook aandag geniet. Selfs opleiding in die mediese beroep sal ook aandag geniet

Dit is die plig van die dokter om te beskik oor wye kennis en die korrekte inligting oor die diagnose en die behandeling daarvoor aan die pasient oor te dra.

Die kongres is ook ‘n geleentheid vir die land om ‘n slag voorraad op te neem van sy mediese sorg, fasiliteite en die bestuur daarvan sowel as die standaard van kundigheid

Die Mediese Vereniging van Namibie het die inisiatief geneem om hierdie kongres aan te bied en die komitee wat die organisasie aangepak het, het sekerlik ‘n groot sukses daarvan gemaak

Die sprekers by die geleentheid is akademici sowel as praktiserende medici, beslis die beste wat Suider Afrika kan bied en kom hoofsaaklik uit die RSA. Ongeveer dertig sprekers neem deel aan die program wat twee dae duur , 27 en 28 Augustus.

 

Foto:

Dr Matti Kimberg van Walvisbaai voorsitter van die kongres

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia