SRA se dinamiese Margit

Saturday 4th of September 2004
Petra Hamman

Dinamiese Margit d’ Avignon, voorsitster van die Swakopmund Residents Association (SRA ) het in gesprek met PLUS geesdriftig vertel van die aktiwiteite van die organisie

Verteenwoordigers van die SRA woon gereeld die maandelikse raadsver-gadering van die stadsraad by en ver-gewis hulle deeglik oor die wyse waarop die belange van die bela-stingbetalers en inwoners behartig word. Veral die hantering van die begroting is van groot belang.

Verder is dit noodsaaklik om toe te sien dat die dorp in alle opsigte vir toerisme aantreklik bly aangesien die inwoners grootliks daarvan afhanklik is. Beleggers moet ook getrek word en dit kan net gebeur as die dorp se kulturele bates beskerm bly, die dorp netjies is en besoekers hulle veilig voel. Gaste moet ook nie hier uitgebuit word nie, alles wat moontlik is moet gedoen word om die tooeristebe-stemming te beskerm

Die veiligheid is ‘n uiters sensitiewe saak en moet voortdurend aandag kry. In gesprek met die stasiebevelvoerder van die polisie het geblyk dat slegs 34 polisiemanne beskikbaar is terwyl ten minste 72 nodig is om die werk na behore te doen en die dorp te beskerm teen misdaad. Veral die onlangse geweld, moord en aanran-ding op mense in die dorp is’n saak van groot kommer en die SRA wil sy misnoee uitdruk met die swak hantering van die veiligheidsituasue

Op 16 September wanneer die aangeklaagdes in die moordsaak van Alexandra Mooren weer in die hof verskyn wil die SRA die publiek motiveer en mobiliseer om by die hof te verskyn op die dag en hul ontevredenheid selfs woede in duidelike terme uit te spreek. Daar word peil getrek op die samewerking van raadslid Sophia Motinga wat reeds vir die belange van vroue haar staal gewys het.

Inwoners wil daarop aandring om die nodige beskerming te kry en verder moet daar toepaslike strawwe opgelê word indien die hof die aangeklaagdes skuldig bevind. Genoeg is genoeg, voel die inwoners en dis tyd dat veral geweld teen vroue en kinders sterk aangespreek word.

Die SRA voel sterk oor die onsedelike gedrag en prostitusie in die dorp en het reeds vertoe gerig aan die ower-hede om die sake aan te spreek

Die SRA is nou ook betrokke by ‘n poging om ‘n kulturele bewarings-komitee in die lewe te roep Riglyn daaromtrent sal ter gelegener tyd by die stadsraad voorgelê word nadat daar met argitekte en ander kundiges oorleg gepleeg is. So ‘n poging kan uiteindelik lei tot veranderinge in die stadsbeplanning en goedkeuring van bouplanne.

Die SRA hou ook maandelikse inligtingsvergaderings in drie tale, Duits, Afrikaans en Engels. Die publiek word uitgenooi om te skakel met me d’Avignon by tel 405821 om meer omtrent die program te verneem en inligting te bekom oor die werksaamhede en funksionering van die munuisipaliteit.

Dis duidelik dat die SRA hul hand op die pols van die munisipaliteit hou en inwoners kan gerus daarvan gebruik maak om met die organisasie te skakel en navrae te rig oor hul probleme. Ook verkiesingsprose-dures oor vereistes vir registrasie of datums kan bespreek word aan-gesien daar binnekort verkiesings op nasionale vlak is. -

Dat die SRA die belange van die inwoners van die dorp op die hart het, ly geen twyfel nie.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia