ALAN Kongres kan betekenisvol wees

Saturday 25th of September 2004
Petra Hamman

Die kongres van die Vereniging van Plaaslike Owerhede (Alan) wat die einde van die maand plaasvind kan baie vrugbaar wees as die opstel van strategiese ontwikkelingsplanne vir plaaslike owerhede as mosie ingedien word. Volgens

Mnr Mandume Muatunga, die burgemeester van Walvisbaai en president van die Namibiese Nasionale Burgemeestersforum het hulle ‘n week gelede hul eerste byeenkoms inWindhoek gehad en toe is daar probleme rakende die funksionering van plaaslike owerhede bespreek. Muatunga beweer dat die feit dat daar nie strategiese ontwikkelingsbeplanning is nie, die hoof- oorsaak is vir die probleme van munisipaliteite.

Na ‘n verkiesing van plaaslike owerhede plaasgevind het, moet daar vir die raad se termyn ‘n ontwikkelingsplan vir die dorp voorgelê word wat strek oor die betrokke tydperk. Daarvolgens moet begrotings dan ook in die toekoms gestruktureer word. Die vordering moet dan gemonitor word sodat probleme wat munisipaliteite ondervind betyds aangespreek kan word.

Tydens die jaarlikse kongres van Alan sal die burgemeestersforum dan probeer om munisipaliteite te oorreed om so gou as moontlik met so ‘n ontwikkelingsplan vir hul rade se termyn te ontwikkel.

Die burgemeestersforum sal by die kongres ‘n mosie indien om die wetgewing te wysig wat bepaal dat burgemeesters se termyn net een jaar is en dat dit verleng behoort word na vyf jaar sodat burgemeesters hul regmatige rol kan speel in die uitvoering van die ontwikkelingsplanne. Dit kan burgemeesters dan ‘n beter geleentheid bied om hul ontwikkelingsdoelwit te bereik.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia