Gedagtes oor die Verkiesing

Sunday 26th of December 2004
Petra Hamman

Die algemene verkiesing vir President, Nasionale Vergadering en Streeksraad wat pas verby is, kan as ‘n aanduiding van waarheen die land in die toekoms gaan beweeg, gesien word

Die oorweldigende oorwinnings van SWAPO die regerende party dui op ‘n toestand waarin die indiwidu homself geensins as bemagtig kan sien nie. Die Afrika –senario wat sedert die vyftigerjare hom op die vasteland gevestig het, is finaal beslag gegee.

Daar is met die onafhanklikheid van elke staat hoog opgegee oor die demokrasie wat na Afrika gekom het die belowende toekoms wat vir die vasteland wink.

Van die 195 staatshoofde wat sedert 1960 uit hul ampte onthef is, is 112 in staatsgrepe uitgegooi of vermoor. Weinig is uitgestem. Sedert 1990 is wel 18 uitgestem maar dit kan nog nie beskou word as ‘n grootse onwikkeling van "demokrasie" in Afrika nie.

Die ware toets vir demokrasie kom eers as ‘n regering die poltieke mag by die stembus kan verloor.

In Namibie is dit ‘n saak van onmoontlikheid. Daar is duidelik nog nooit rekening gehou met die verskeidenheid van die bevolking nie. Daar is hoofsaaklik volgens ras en etnisiteit gestem en die gegewe is dat die spesifieke ras oor die grootste getalle beskik maar daar was geen aanduideing in die hele verkiesingsveldtog dat daar vir die land se knellende probleme oplossings aangebied word nie. Die tegnologiese eeu waarin die land verkeer kan net deur wetenskapsbeoefening ontwikkel word. Die toekomstige behoud van die omgewing is ‘n saak vir intense navorsing en studie. Die land beskik oor geen navorsers op die gebied nie en met die ideologie van regstellende aksie gaan alles net om ras en nooit om die wetenskap nie Die hoop op toegang tot die wetenskap en kundigheid wat die behoud van die mens is, is finaal vernietig. In ‘n land waar die president nie weet waar jogurt vandaan kom nie of helikopters uit die koper wil vervaardig is die toekomsvooruitsigte skraal tensy die wetenskap self opstaan en sy plek opeis.

Dit behoort teen die tyd al duidelik te wees dat die Westminster model van liberale demokrasie nie vir Afrika bedoel is nie. Die regeringsmodel van die land is ‘n ramp. Nêrens op die vasteland het dit geslaag nie en steeds word die kontinent geteister deur burgeroorloë soos die geweld in Ivoorkus weer duidelik bewys het

Die opposisiepartye sal moet besef dat as die demokrasie op ‘n manier behoue moet bly, sal hulle moet begin werk aan ‘n deelnemende demokrasie. Dit is al model wat in die land met sy ingewikkelde bevolkingsamestelling ‘n kans op sukses het. Die belange van elke bevolkingsgroep sal moet beskerm word. Dus is die erkenning van minderheidsregte die enigste kans op sukses in so ‘n heterogene bevolking soos Namibie. Die huidige opset waar die mag vir die toekoms gesetel sal bly in ras, is ‘n seker resep vir geweld en sal nooit demokrasie of eenheid bevorder nie

In Namibie is ‘n eenparty-staat op rassegrondslag gevestig en dit is ad infinitum die toekoms van die land Hoe die demokrasie ook amptelik in die land in die mond rondgespoel word, die feit van die saak is dat die ware demokrasie nog nooit gevestig is nie

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia