![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
Sunday 16th of January 2005 Groot onmin heers aan die kus onder die kundiges op die gebied van omgewingsbewaring en die voorsitter van die Omgewingsbewaring trust, (CETN) Keath Wayne het sterk kritiek in die pers uitgespreek. Hy is van mening dat kundiges van voëllewe sowel as die omgewing nie genader was om ondersoeke indie gebied te doen nie Die gebied is internasionaal bekend vir sy voëllewe en is reeds as Ramsar site verklaar ‘n paar jaar gelede. Wanneer hierdie area permanent deur mense bewoon word, sal die natuurlewe onherstelbaar beskadig word tot groot nadeel van die land. Die Walvisbaaise stadsraad behoort bewus van die feit te gewees het voordat hulle gehersoneer het. Meer as driekwart van die erwe op die seefront noord van Walvisbaai is reeds verkoop en potensiële kopers het egter ernstig beswaar gemaak teen die astronomiese insetpryse van die erwe. Die verkoop van die erwe gaan egter voort ten spyte van die veiling wat swak verloop het. Brynard Kotze, die ontwikkelaar van die projek is baie optimisties oor die verloop van die verkope Daar is volgens hom slegs enkele erwe nog oor en hulle sal sekerlik nog gou verkoop. Hy is oortuig dat bouwerk reeds vroeg in die volgende jaar sal begin aangesien die infrastruktuur en ontwikkeling van die erwe voltooi sal wees. |
|||||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||||





