![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 4th of February 2005 Na die vakansieseisoen in Swakopmund toe daar verskeie eiendomstransaksies beklink is, heers daar egter verskillende menings oor die eiendomspryse en beskikbaarheid van huisvesting Dat daar ‘n groot tekort aan behuising vir beginners is, is seker. Ook enkellopende persone vind dit baie moeilik om huisvesting of eiendom te verkry. Agente is dit eens dat die pryse nie werklik ‘n plafon bereik het nie en dat daar altyd vraag na belegging in Swakopmund sal wees Dit kan wees dat die vraag na huise in die prysklas N$ 1 – 2 miljoen dollar besig is om af te neem. Woonstelontwikkeling in Swakopmund daarenteen, is tans nog baie bedrywig aangesien woonstelle baie in aanvraag is. Daar is dan ook sekerlik tien of meer projekte wat aan die gang is, en enkeles is nog in die pyplyn Die kopers stel belang in woonstelle omdat die onderhoudskoste relatief laer is, daar is nie herstelwerke nodig aan so ‘n eiendom nie en sekuriteit glo mense is beter. Eienaars kan ook toesluit en met vakansie gaan sonder sorge. Mense soek egter deesdae werklik na waarde vir hul geld Daar word ook verwys na boere en andere wat op aftree-ouderdom is en dan in’n woonstel belê Daar is nie by mense die vrees dat rentekoerse sal verhoog in die jaar nie en dit speel ‘n belangrike rol by die aankoop van eiendom. Dit is egter nie maklik om te spekuleer oor die tendense van die mark nie en agente maan dat voornemende kopers om seker van hul saak te wees en hul belegging met kenners te bespreek en te oorweeg. As groeipunt het Swakopmund nog baie potensiaal, veral as die groot ondernemings soos die nuwe Strandhotel of die swembadontwikkeling in gedagte gehou word. Die waterfront is ook nog aan die gang en daar wel baie wooneenhede aangebied maar dit moet eers afgehandel wees voordat hierdie ontwikkeling se uitwerking heeltemal na waarde geskat sal word. Nuwe erwe wat deur die munisipaliteit later vanjaar aangebied gaan word, kan dalk die moontlikhede vir jong beginners daarstel. Dit sal egter eers kan vasgestel word wanneer die erwe op die mark verskyn. Almal is tot sover nog oortuig van hul saak dat ‘n belegging in Swakopmund nog die moeite werd is. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





