![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 28th of March 2003 Die feesvieringe van Hoërskool Otjiwarongo wat hierdie jaar 50 jaar oud word, vind vanaf 25 tot 29 Junie plaas. Die program sluit o.a. in: Mej. Hoëskool en Revue (op 25 Junie), ‘n Revue-Gala-aand met vingerete en kontantkroeg op 26 Junie, ‘n Ontbyt en mini-kermis asook Reunie-Pronzenball op 27 Junie - of dan ‘n informele kuier vir die wat nie wil dans nie en ‘n sokkie vir die skoolgaandes asook op 28 Junie ‘n Wildsfees-Makietie in Paresispark met Skolesport, Boeresport tussen oud-skoliere baie watertand wildsgeregte, ‘n biertent en vanaf 19h30 Amore Vittone en haar dansers. Sondag, 29 Junie word die fees afgesluit met ‘n Gedenkdiens om 9h00 in die NG Kerk. Gedurende die geleentheid gaan ‘n video en CD van die fees gemaak word wat reeds bestel kan word. Die skool kan geskakel word by Tel. 067-303161 of Faks 067-302532. Navrae kan ook gerig word aan Badenhorst Apteek (Tel 067-302501). |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





