![]() |
![]() |
|||||||||||||||||
|
Die Dag toe die Kerk sy Deure Sluit Saturday 19th of February 2005 Die laaste NG Kerkgebou aan die kus het verlede week sy deure gesluit toe die gemeente van Swakopmund se kerk vir ‘n goeie prys verkoop is nadat die laaste lidmaat oorlede is. Ds Van der Merwe het ‘n pos by ‘n versekerings-maatskappy aanvaar en besluit om die geld onder die behoeftiges te verdeel Fiksie? Werklikheid? Nee, moontlik-heid, sterk moontlikheid na die vol-gende geslag. Die kerk, die Christen-dom word met uitwissing bedreig aangesien die godsdiens as sodanig geen rol meer speel of niksbeduidend in die lewenswyse van die jong moderne geslag geword het Die kennis van die christelike leer ontbreek en kinders word skaars deur ouers ingelig en in skole is godsdiensonderrig nie meer toegelaat nie. Ouers is te besig met hul lewe en kan ook die kinders nie meer voorgaan in die godsdiens nie. Tyd vir kerkbesoek is daar nie en die kerk kan dan ook nie meer sy rol as opvoeder in die Sondagskool speel nie Daarbenewens is die kerkganery soms maar bietjie "boring" en sonder sin. Vele bespiegelige word gegee oor die feit of die Bybel waar is of net legendes is. Die lewe het so verander en die "wet" pas net nie meer in in ons dag nie. Ons is vry, ons wil doen wat ons wil ,met wie ons wil en waar ons wil. Kan die opvatting in ooreenstemming gebring word met die christelike wet? As dit nie kan nie, "Who cares?" Vergifnis van sonde? Wat is sonde in elk geval? In ons dag het elkeen ‘n reg. Jongmense is bevry van die ou gelofies van ons oupas en oumas. Die ministerie van opvoeding voorsien ons van kondome en as ons Vigs kry, moet die regering vir ons mediese behan-deling gee. Die wereld gee mos genoeg geld daarvoor. Dis die lewe. Daarvoor het ons die kerk nie meer nodig nie. So eenvoudig is sake. Of ons trou of skei of steel of aanrand, maak tog nie saak nie. Ons is vry. |
|||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||





