![]() |
![]() |
|||||||||||||||||
|
Saturday 26th of February 2005 Swakopmund was die naweek geteister deur misdaad. Sedert Vrydag tot Maan-dag is nege huisbrake aangemeld Sake ondernemings het duisende dollars skade gely Veral die selfoonsaak het geblyk die paradys vir die boewe te wees Daar is deur die dak van die sakesentrum toegang verkry en die sekuriteitsdiens het geen aanduiding van die inbraak wat besig was om te gebeur gekry nie By ‘n materiale winkel in dieselfde sentrum is ook ingebreek en daar is geen voorraad verwyder nie maar die kasregister is vernietig en rolle materiaal is vuilgesmeer en beskadig. Altesaam nege ondernemings het deurgeloop waaronder ‘n sportwinkel, restaurant en private wonings. Volgens die polisie was twee verdagtes reeds aangekeer. Dis egter duidelik dat die sakelui en die publiek nou keelvol vir die toenemende vlaag van misdaad roof en moord aan die kus. Of daar van die owerhede planne bedink word om die publiek beter te beskerm is onduidelik. Selfs die private sekuriteitsdiens kon duidelik nie die misdaadgolf help beheer nie Dat die inwoners reeds op openbare vlak hul opstand teen misdaad en geweld te kenne gegee het is duidelik. Van vroue kom al meer die eis om doodstraf vir kindermoordenaars en verkragters. Daar word ook baie strenger optrede teen die drank en dwelmmisbruik in die talle sjebeens in die dorp ge-eis. Talle vroue het vertel hoe dat alkoholmisbruik toeneem en dit verantwoordelik is vir die huishoudelike geweld waaronder hulle met ly. Dat ‘n baie groot aantal mans - die braves- geen respek vir vroue het nie en dat die hele morele weefsel van die gemeenskap heeltemal uitmekaar val, is duidelik. Politici hou vrome toesprake oor die sedelike stand van die nasie maar optrede om sake te verbeter en bloot net te werk aan die land se oormatige alkoholmisbruik kom nooit tevoorskyn nie. Selfs van maklike dwelmverkope kan vroue ook getuig en wanneer hulle sodanige misdrywe aanmeld, stel hulle hul lewens in gevaar. Baie vinnig en deeglik sal optrede moet plaasvind anders sal nie net die morele weefsel uitrafel nie maar die ekonomie ook tot nadeel van almal ‘n dodelike knou kry. Op verskeie plekke in de land is nou groot betogings op straat gehou om weersin teen geweld uit te spreek maar dis nou tyd dat die lyding van vroue deur alkoholmisbruik ernstig aangespreek word. |
|||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||





