Betowering van die Seekus

Saturday 26th of February 2005
Petra Hamman

Seekus van die Dood -Skeleton Coast - Weskus Hoe jy ookal die kus van Namibie wil noem hy het ‘n bekoring vir die mens en sedert eeue het van primitiewe seilbote tot die moderne luukse passasiersbote, hotelle op die golwe, hierdie seeroete aangepak

Vyf, ses eeue gelede het die Europese seevaardes dit langs hierdie wilde kus gewaag om die seeweg na Indie te soek. Hulle het geslaag en in 1652 word die eerste nedersetting aan die Kaap op die HOIK se handelsroete deur Jan van Riebeeck gevestig

Vandag in die 21ste eeu is die 1 570 km afstand tussen die Oranjerivier en die Kunenemond die uitdaging vir die avontuurlustige toeris wat Namibie besoek. Vele historiese plekkies met ‘n romantiek van hul eie soos daar waar die diamantdroom begin het tot die Kunenemond waar die ywerige hengelaars sommer bieliekabeljoue uithaal is Namibie se groot aantrek-kingskrag.

Die gesogte hengelbestemmings soos Myl 108, Torrabaai, Terracebaai is hier in die Skeleton Coast Park. Hier word al die pad langs die koue Benguela-stroom gery tot by Mowebaai en met spesiale toestemming kan die dapperes die verdere300 km na die Kunenemond aandurf. Boeke is geskryf oor die fassinerende Seekus van die dood Vele glanspamflette van die Weskus en sy oases is vir inligting van besoekers versprei .

Die stranding van die Dunedin Star in 1942 was ‘n onvergeetlike tragedie en verskeie reddingspogings is uitgevoer om die oorlewendes te red. Selfs uit SA is ‘n vliegtuig gestuur om te help. Sy wrak le ook daar Mathias Khoraseb wat verdrink het in die tragedie se eensame graf le ook daar

Die Atlantiese oseaan met sy koue Benguelastroom het sy seelewe, sy visse wat die fantasie aangryp, sy robbe wat ook op sy ruwe kus hul verskyning maak.

Maar dan is daar ook die dierelewe langs die kus. ,n Groot aantal voelsoor-te leef ook hier en word gevoed deur die ryk plankton en sardine en ansjovis. Langs die strand is daar die jakkalse krappe en hienas wat die omgewing skoon hou deur alle vis en voelafval te verwyder. Dooie robbe, vis of voels maak hulle skoon in hulle strand snuffelry. Die jakkalse is kleurvolle diere met hulle welige pelse. Die hyenas is nagdiere wat hulle beslis nie deur die reisiger langs die kus laat sien nie. Die krappe verskyn in groot getalle veral in die sonskyn om hulle opruimwerk te doen

Die oseaan is ryk aan voedsel met sy plankton wat kleiner visse voed wat weer voedsel is vir die robbe. Onder die groot verskeidenheid voels wat by die kus lewe is daar ook die soos kormorane en meeue wat guano produseer Die beskermde Damara sterretjie broei ook langs die kus en le sy eiertjies in klein holtetjies in die gruisvlakte en is in hierdie tyd van vierwielfietse ernstig bedreig

So leef die seekus wat op die oog af dooie woestyn is. Daar is die oseaan se visse, sy statige robbe wat duur pelse aan die mens lewer en die voel met guano wat net so ‘n duur bemesting-stof vir die mens se tuine is.

Die weskus is nie net dood en ge-raamtes en wrakke nie maar bring ook vir die mens duur en gesogte eie-soortige produkte

Die romantiek van die Seekus van die Dood kan maar verder deur skrywers en reisigers ontgin word.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia