![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 26th of February 2005 Daar was vreugde in Swakopmund toe dit bekend geword het dat die munisipaliteit tenders ingewin het vir die herstel van die historiese ou ysterkaai. Daar is by Swakopmunders ‘n diep gevoel oor die stukkie geskiedenis en dat dit vir die nageslag behoue moet bly. Tenders is ontvang waarvan die hoogste kort oor N$9 miljoen is en die laagste is net onder N$2 miljoen Altesaam sewe opsies is van tenderaars ontvang en die pryse het gewissel tussen N$2 miljoen en N$9 miljoen Hierdie optrede was ‘n ernstige poging om die ou kaai te red van totale ondergang en verweer. Volgens die tendervereistes moet daar eers deeglike ondersoek gedoen word om vas te stel presies wat die toestand van die konstruksie is. Eers wanneer so ‘n verslag ontvang is, sal verder besin word en dan sal daar ‘n ontwerp voorgele moet word en daarna sal met die fisiese herstel voortgegaan word. Op die wyse wil die raad ook ‘n finale evaluering van die toestand van die pier kry sodat sinvolle toekomstige optrede en restourasiewerk gedoen kan word. Daar is aanduidings dat die werk selfs binne die volgende drie maande kan begin. Swakopmunders sien uit daarna dat die toekoms van die ou kaai nou beslis sal word. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





