Internasionale Vrouedag

Thursday 10th of March 2005
Petra Hamman

Internasionale Vrouedag. Die mooie dag word 8 Maart gevier Roerende toesprake word deur uitgelese spreeksters aangebied om te probeer om die diskriminasie teenoor vroue die afgelope honderd jaar weer voor te dra.. Vroueregte weerklink oor die mikrofone en die regerings word aangepraat oor die gelykstelling van vroue teenoor mans Die een aanspraak op die ander volg om vroueregte. Ja die emansiepasie van die vrou het in honderd jaar ver gevorder. Hulle word meer en meer in regeringsposisies aangestel, kan op vele gebiede met die werk van die man meeding en kan die grootste korporatiewe liggame puik bestuur as hulle natuurluik deur die manlikes aangestel word.

Laat vrouedag fokus op vroue wat hul merk gemaak het in die gemeenskap. Daar is baie. Maar laat vroue ook positief tevoorskyn kom met sinvolle werkbare projekte wat kundig beplan word om die posisie van die vrou te dien en haar lewenskwaliteit te verseker. Laat sy deur haar insette en haar prestasies haar plek en regte opeis. Daar is baie werk wat gedoen moet word. Die opvoeding en skoolsisteem van ons kinders verg baie dringend professionele aandag. Werkskepping vir vroue is dringend noodsaaklik. Daarvoor moet daar na die ekonomiese potensiaal intensief gekyk word. As die vroue in hul gemeenskap die behoeftes eers kan identifiseer dank an daar ook kundigheid ingebring word Die Vroue-aksie vir Ontwikkeling (WAD) is ‘n prysenswaardige poging. Die gesinslewe en morele kodes van ons volk moet met alle moontlike middele opgebou word. Blote protes op straat bring nie veel nie. Sterker inisiatief en optrede is nodig.

Om die geweld teen en moord op vroue en kinders aan te spreek vereis nou ernstige optrede. Skree om doodstraf is nie ‘n oplossing nie want die land se wankelmoedige regspleging kan nie so ‘n gesofistikeerde optrede hanteer nie. Dit kan eerder in ‘n moordwapen ontaard as in ‘n oplossing

Om debat op hoogste vlak te voer is natuurlik noodsaaklik maar as die leiers en politici wat oplossings moet vind so ‘n spektakel daarvan maak soos die "eerbare" parlementslid mnr Phillemon Moonga verlede week in die Nasionale Vergadering is daar vir die vroue van die land net donker nag in die toekoms.

Vroue, daar is werk!

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia