![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Indrukwekkende Oomblik van Versoening Sunday 17th of July 2005 Sondag 17 Julie sal Sy Edele President Pohamba saam met die Erosgemeente aanbid tydens die oggenddiens. In die jongste geskiedenis van die land is dit ‘n grootse historiese oomblik. Hierdie ontmoeting tussen die president en die NG Kerk is die mees indruk-wekkende oomblik van versoening in die onafhanklik-heidsgebeure in die land. Nadat die president in die openbaar verklaar het dat hy ‘n belydende Christen is, het die behoefte duidelik geword dat die NG Kerk nouer bande met die president moet knoop. "n Uitnodiging is aan hom gerig om op 24 Junie die gemeente te besoek en aan die kerkdiens deel te neem. Hy het die uitnodiging aanvaar maar is kort voor die datum deur sy verpligtinge verhinder om die afspraak na te kom en hy het 17 Julie voorgestel as gerieflike datum om die gemeente te besoek. Sondag sal die diens gelei word deur ds Schalk Pienaar van die moderatuur saam met, ds Johann Serfontein en sy kollega ds Fourie van der Berg van die Erosgemeente By die geleentheid sal daar ‘n geskenk aan die president oorhandig word in die vorm van ‘n volstruiseier Die volstruis is ‘n interessante dier wat wanneer hy die nes verlaat,hy sy een oog op die nes hou en sy ander oog op die kos wat hy soek Met die simbool van die volstruiseier sal die boodskap aan die president oorgedra word om dan ook met die een oog op die nes en die ander oog op die kos te deel in die ryke geestelike gawes van die geloof en in die gees sy pligte as staatshoof te benader. Christene word opgeroep om te bid vir hierdie historiese ontmoeting sodat dit ook vrug sal dra vir die toekomstige christelke benadering in die land. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





