"’n Idee van twee jaar gelede het gegroei tot ‘n grootskaalse werklikheid!"

Sunday 11th of September 2005
PLUS

So sê Ursi Lempert, organiseerder van die Otjiwarongo Skou wat van 15 tot 17 September op die dorp plaasvind. "Local is lekker. Ons het besluit om die skou identiteit te gee en het die naam na "Otji-Zupa Skou" verander om ons streek te bemark. "Dit gaan oor ons mense, hul talent en plaaslike produkte wat hier aanbied word," volgens Ursi.

Otji-Zupa spog met ‘n program vol verskeidenheid wat die skou vanjaar besonders gaan maak. "Een van ons fokuspunte is en bly die jeug. Die omgewingsuitstalling in ‘n aparte tent met selfdoen-projekte en aktiwiteite asook die beplande sokkertoernooi Saterdag bly gewild onder die skares," volgens Ursi. - Die Minister van Handel en Nywerheid, mnr. Immanuel Ngatjizeko, doen die amptelike opening Vrydagoggend waarna sertifikate aan uitstallers deur the Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid oorhandig word. Vir diereliefhebbers is daar perdekampioenskappe, vee en die veiling van lewende hawe.

Hoogtepunte is die eenmanvertoning van Neville Basson, bekende komediant van "Black Skottels" wat die gehore gaan vermaak Vrydagaand. Leon Jacobs, Pieter Dorfling, Wild Dogs en Tjitje Kura-orkes sal vir musiek dwarsdeur die skoutyd sorg. Johan Yssel is Vrydag en Saterdag aan die beurt met sy toorkuns.

Vir avonturiers wag daar ‘n lekker verrassing: die bekende motorfietsryer Brain Capper sal oor hindernisse ry (of gly), valskermspringers van Desert Skydivers gaan verskeie lugtoertjies doen, die Hot Rod van Jon Branca word uitgestal en helikopterritte kan onderneem word.

Kom kuier by Otji-Zupaskou van Donderdag, 15 September in Otjiwarongo.

Vir meer inligting skakel Ursi Lempert by tel 067-304006.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia