KwaZulu Slagvelde lok baie Toeriste

Saturday 17th of September 2005
Petra Hamman

Die KwaZulu Natal Slagveldroete lok jaarliks duisende toeriste en volgens Tourism Dundee is verlede jaar is nagenoeg R46 miljoen in hierdie gebied uit toerisme verdien

Bloedrivier word beskou as een van die unieke slagvelde in Suid-Afrika Dit is hier waar die Voortrekkers op die oggend van 16 Desember 1838 teen die magtige Zululeër geveg het. Die slagveld is uniek aangesien dit die enigste een in SA is waar die slag deur die twee opponerende magte op hul eie manier vertolk word. Hier is ook ‘n besoek aan die twee monumente Bloedrivier en Ncome moontlik om so ‘n gebalanseerde beeld van die gebeure te kry. Die twee museums word as ‘n enkele toeristebestemming bemark. Dit doen geensins afbreuk aan die unieke posisie en onaantasbare status wat Bloedrivier en die Gelofte wat daar afgelê is, in die harte van die nasate van die Voortrekkers geniet nie

Die geskiedenis van die Voortrekkers wat die Britsbeheerde Kaapkolonie verlaat het om sodoende hul eie vryheid te verwerf, het Natal as hul bestemming gekies. Hulle leier Piet Retief het grondonderhandelinge met die Zulukoning Dingane aangekoop en ‘n gebied is aan die Trekkers oorgedra. Op 4 Februarie 1838 het Dingane sy merk gemaak op die ooreenkoms met die Trekkers wat Retief opgestel het in Engels. Die gebied van die Umzimvuburivier tot die Tugela, van die berge tot die see, Durban ingesluit is aan die Trekkers oorgedra. Retief sou ook erken word as die Goewerneur van die Trekkers. Retief het die dokument in sy leer bladsak gesit.

Die oggend van 6 Februarie het die geselskap gereed gemaak om te vertrek maar hulle is almal deur Dingane se krygers om die lewe gebring. Die getekende traktaat is later deur die Trekkers aan Retief se beendere gekry en het dus behoue gebly.

Die boodskap van die sukses met die verkryging van land het versprei en vele nuwe aankomelinge in die gebied het daar begin voorberei om hulle te vestig. Maar etlike honderde van hulle waaronder talle kinders is om die lewe gebring by Weenen en Bloukrans

Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier verkies. Hy organiseer ‘n kommando van 64 waens en ongeveer 464 man vir ‘n strafekspedisie teen die Zulu’s. Die Trekkers lê ‘n Gelofte af dat as God hulle genadig sou wees, hulle die dag as ‘n Sabbat sou gedenk en ‘n kerk in Sy naam sou oprig. Die Slag van Bloedrivier het gevolg. Die Trekkers het hul vryheidstrewe gevolg gegee.

Oorkant die laer van die Trekkers aan die Ncomerivier (Bloedrivier) is toe ‘n ander monument opgerig deur die SA Regering in 1999 ter herinnering aan die Zulukrygers wat die hoogste prys betaal het

Hierdie gebeure kan in ons tyd van vryheidstrewe in perspektief geplaas word en ‘n nuwe analise van die geskiedenis word gemaak. Die toeriste waardeer die analise van die geskiedenis as ‘n blik op ons tyd eerder as net ‘n historiese plek wat besoek kan word.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia