![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Plaasonteiening in Suid-Afrika Saturday 15th of October 2005 Plaasonteiening het in Namibie sowel as RSA skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Plase wat vyf dekades of meer in ‘n familie was en produktief bedryf was, moes skielik met belastingbetalers se geld heeltemal onder markwaarde verkry word om aan die "grondhonger" mense gegee te word wat geen kans staan om daar produktief verder boerdery te bedryf nie. Dit bring dus geen kosproduksie vir die land nie en verder word die landboubedryf stelselmatig heeltemal verswak weens gebrek aan kundigheid sowel as kapitaal. In SA het mnr. Tito Mboweni, president van die reserwebank hierdie probleem aangespreek in ‘n openbare toespraak wat hy gehou het. Normaalweg bepaal hy hom streng by monetere beleid, maar hy het hom nou skerp uitgelaat oor grondhervorming, die tekort aan vaardighede in die land en die feit dat bates toegelaat word om tot niet te gaan omdat dit nie behoorlik bestuur word nie. Grondhervorming is in SA sowel as Namibie ‘n uiters sensitiewe saak en daar kan hoegenaamd nie toegelaat word dat grondhervorming waar produktiewe grond met belastingbetalers se geld verkry word en dan heeltemal onproduktief aangewend word soos in Zimbabwe die geval is hier plaasvind nie. Die bestuur van ‘n boerdery is iets heeltemal anders as die bestuur van ‘n smokkelwinkeltjie. Dit vereis gespesialiseerde vaardighede en kundige besteding van kapitaal. Daar moet dringend intensiewe opleiding van bemagtigde boere plaasvind. Mnr Mboweni het ernstig daarop gewys dat bestuursvaardighede ontwikkel moet word aangesien die land nie oor ‘n hoogs vaardige gemeenskap beskik nie en die vaardighede wat wel beskikbaar is, word weens politieke redes nie benut nie. Mnr Mboweni het die toedrag van sake wat bestuur betref en die hantering van infrastruktuur skerp aangespreek en sy houding oor ongesonde grondhervorming is sonder twyfel ook geldig vir Namibie Buitelandse voedselverskaffers vir Afrika is al meer geneig om die vraag te stel hoekom Afrika nie vir homself kan sorg vir kos nie. Onder kundige bestuur was Zimbabwe die broodmandjie van Afrika. Daar was in die jare ook droogtes maar wetenskaplike boerdery was bedryf en daar was kos vir die nasie sowel as inkomste vir die staatskoffers. Die bevolking was nie met ‘n kluitjie in die riet gestuur om te gaan korsies van pastei eet nie Afrika sal sy plek in die wereld moet evalueer en stadigaan moet besef dat mense nie net met die kleur van hul oe die hele ekonomiese bestel kan bestuur nie maar wel met fundamentele wette van die wetenskap. Die skade wat aan Afrika gedoen word deur sy bewindhebbers se bloedlose gekleef aan velkleur en kunsmatige gevlegte hare ontneem sy nageslag ook hul lewensbloed |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





