Erongo Trade Expo het begin

Saturday 29th of October 2005
Petra Hamman

Die Erongo Trade Expo het gister in Swakopmund begin en is vanoggend deur die minister van Handel en Nywerheid amptelik geopen Die burgemeesters van die dorpe in die streek is genooi om die skou by te woon en de Ambassadeur van Indonesie is ook ‘n genooide gas. Indonesie het ook ‘n stalletjie by die skou en is ook ‘n gereelde deelnemer aan skoue in die land.

Vanjaar word die skou weer deur SFC gehuisves en daar is ‘n merkbare groei sedert verlede jaar. Daar is vanjaar 66 stalletjies binne die saal en dit is duidelik dat die ruimte tot sy volle potensiaal benut is om almal te huisves. Buite is daar 18 en daar is vanjaar heelwat vermaak vir almal wat aangebied word. Selfs van Zambie en Kenia is uitstallers aangemeld.

Die Ministerie van Handel en Nywerheid het vanjaar 15 SME’s geborg onder die vaandel van "Made in Namibia"

Daar is wydverspreide reklame gedoen en volgens Johan van Zyl van Expo Studio Namibia, die organiseerders is daar sowat 500 plakkate vertoon. Dit is duidelik dat die organisasie baie sukses met hulle promosie behaal. Daar is ten volle gebruik gemaak van die media, gedruk, elektronies en radio. ‘nWye spektrum van temas word aangebied soos toerisme, eiendom, omgewingsbewaring, mynwese, sake en kommunikasie, landbou visserye, vervaardiging, handwerk, modes en tekstiel. Voorwaar ‘n kaleidoskoop van sake-aktiwiteite wat in die land beskikbaar is.

Die skou bied ‘n effektiewe platform vir die sosiale, die finansiele belange van die private sowel as die openbare handelsektore. Die Erongostreek as geheel se sakelui het hier ‘n besondere geleentheid om by die publiek bekend te raak , hul ware uit te stal, dienste bekend te maak en vervaardiging aan te moedig.

Die pretpark sal beslis byval vind by die jonges en dan is daar nog die valskermspringers en akrobate wat vermaak vir oud en jonk verseker.

Daar word reeds ywerig aan moontlikhede vir skou aanstaande jaar gewerk en die sukses van vanjaar sal beslis riglyne vir die toekoms bied. Swakopmund is trots daarop om die besoekers en uitstallers te kan huisves.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia