Wereldbeker nie op Loftus nie

Friday 25th of November 2005
Petra Hamman

Die Rugby Wereldbeker rugby-toernooi 2011. Die wereldskares sal nie op Loftus, Ellispark of Nuweland hul spanne toejuig nie. Nee, SA is sommer met die komstaanslag van die tafel af geveeg.

SA se bod is sommer so genul en selfs die ikoon, die staatsman van alle tye, Madiba die grote se aura het nie ‘n snars verskil gemaak nie ten spyte ook van die nr 6 Springboktrui wat hy en Franois Pienaar na die Bokke se epiese oorwinningdestyds so dapper vertoon het.

Ja SA het ‘n klap van wereldformaat gekry wat nog vir ‘n paar dekades lank gaan seermaak want sien daar is geen verwagting op die horison van "aag nou ja, volgende keer" nie.

Die besluitnemers in internasionale rugby het SA se warboel rugbybestuur nie misgekyk nie. Hulle het nie misgekyk wat die gevolge van rugbybestuur uit die kabinet in die hande van die politici is nie Transformasie, kwotas en permanente rassekonflikte en inmenging waar politieke geeste niks verloor het nie, het nie by die wereld verbygegaan nie. Transformasie of krepeer is nou nie juis ‘n beleid wat verkoopswaarde het nie en SA sal die prys betaal. Weer is SA die muishond van die wereld en het die regering van die massas nie die land tot Heilige Hoogtes gevoer nie. SA bskik oor al die infrastruktuur wat nodig is vir die toernooi. Die land het ‘n rugbykultuur wat groot hekinkomste verseker, daar is ‘n uitsaaidiens van wereldgehalte, die land het ondervinding in die aanbieding van groot geleenthede. So is die sokker wereldbeker aan SA toegeken maar in sokker was daar nie dieselfde soort politieke gegrabbel soos by rugby nie.

Toe dar gestem is tussen SA, Japan en Nieu-Seeland, oe stap kleine Nieu-Seeland loshande met die kroon weg.

Francois Pienaar en sy groep se dapper kundige poging om vir SA hierdie knoop deur te haak, is nie in die internasionale wereld gekelder nie maar wel in SA self. Hulle voorlegging en sakeplan het net lof gekry maar dit was tevergeefs. Hull

Eie land met sy poltieke ongeneeslike siekte het die land van miljarde rande, toerisme, werkgeleenthede en ontwikkeling vir die spel beroof. So ‘n geleentheid sou vele deure oopmaak vir die geleenthede van jong, veral swart spelers. Die toerisme van suidelike Afrika en dit is waar Namibie sou baat vind, sou ‘n geweldige hupstootjie gekry het

Maar dis alles neusie verby en die gevolge sal hulle wel binnekort laat geld. Ook verhoudinge in die land het ‘n gevoelige slag gekry

Soos die wereld op rugby reageer het, so is die reaksie ook op vaardighede wat weggesmyt word ten bate van biologiese eienskappe en daarom is ons vaardighede so in aanvraag waar kennis hoog geag word en nie velkleur nie.

Sal SA en Namibie ooit leer hoe om te oorleef in herdie tegnologiese wereld van ons?

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia