![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 27th of January 2006
…..Die plek waar drome soet tot werklikhede raak. Die oornagplek wat jou in ‘n unieke klein wereldjie verplaas en jy een word met die natuur en jou drome. Hier aan die oewer van die Swakop-rivier het Danie Holloway so ‘n ontvlugting geskep. Hier waar die rivier en oseaan mekaar ontmoet bou hy sy steltetuistetjies wat troon bokant die boom en bos en met kunstige looppaadjies aan mekaar verbind is. Stap op die hout loopplank en jy kyk af op die toppe van die bos en daar voorkant trek die blik op die oseaan jou om een te word met die natuur. Hier spreek die natuur tot jou en die naggeluide laat jou rus Die inrigting van die hutte is kunstige handewerk. Alle meubels is hier met hande gemaak en net die pragtigste hout is gebruik om die gerieflike beddens, rusbanke , hangplekke vir klere en die tafels te maak. ‘Liefde vir mooi hout en vaardige hande is hier duidelik te bespeur. ‘n Unieke grepie natuurlek-kerte word hier vir gaste aangebied Maar die bedrywige stadsentrum is dan ook net ‘n klipgooi ver vir die nodige inkopies, die fotografie en die genot van ‘n kuiertjie in een van die gesellige koffiewinkels. Die gaste van The Stiltz kan dan ook die besondere argitektuur en historiese erfenis van die dorp geniet Maar voordat die avontuur van die dag begin word in die ontbythut ‘n stewige ontbyt aangebied. Benewens die smaaklike ontbyt kan besoekers ook die dekor van die gesellige ontbytkamer geniet. Die versameling van skildery en hout beklemtoon net weer die smaakvolle , stylvolle aanbieding van The Stiltz Belangstellendes kan gerus die webwerf by www.thestiltz.in.na besoek of skakel Swakopmund 064 400771 vir inligting of besprekings. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





