Kernkrag?

Friday 3rd of February 2006
Petra Hamman

‘n Bespreking by ‘n werkwinkel het onlangs by Harmony Konferensie-sentrum buite Windhoek plaas gevind en die agenda op die tafel het afgesien van die probleme rakende energie-bronne vir die land ook die term kern-krag laat val.

Die Permanente Sekretaris van die Departement Mynwese en Energie Joseph Ita was egter nie bereid om meer inligting te verskaf oor die beleidsrigting van die regering in verband met die aanwending van kernkrag te verskaf nie. Hy het net volgehou dat geen besluite oor die saak nog geneem is nie en dat die saak net minimale aandag geniet het. Volgens hom is geen navorsing of uitvoer-baarheidstudie nog gedoen nie

Maar dat energiekrisisse die land wel in die toekoms sal tref is seker en alternatiewe bronne moet ondersoek word.

Of daar buitelandse groepe dalk in kernkrag belangstel wou hy ook nie op uitbrei nie maardis wel duidelik dat die regering glo dat die land oor uraan beskik en dat dit wel ten beste sal moet aangewend word in die soeke na alternatiewe bronne.

Sommige kenners is geskok dat daar hoegenaamd gedink word aan die ontginning van atoomkrag wanneer die land oor moontlike son- of windenergie beskik Volgens hulle sal atoomkrag summier gekoppel word aan politieke doelwitte.

Die feit bly egter dt die kragkrisis en gebrek aan energie vir di landelike gebiede die Visie 2030ernstig kan belemmer. Die regering is dan ook om die rede ernstig oortuig dat die Kudu Gas projek op dreef moet kom.

Vir verdere ontwikkeling en belegging in die land moet bronne vir volhoubare energie dringend ondersoek word

In die SADC gebied is Namibie naas SA en Zimbabwe die gootste ver-bruikers van energie. Tradisionele energie soos hout en mis is in die land slegs 20% van die verbruik indien nie minder nie en daarom moet die regering met spoed en kundigheid alternatiewe ondersoek. Dis duidelik dat elektrisiteit as energiebron sal moet aangevul word. Sou die land die vermoe besit om werklik kernkrag na regte te ontwikkel? Of is buitelandse belange dalk daarby betrokke?

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia