Tygerberg: Verval van 'n Hospitaal

Friday 10th of February 2006
Petra Hamman

Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, trotse simbool van SA se wêreldgehalte mediese diens. Hier het die wêreld dekades gelede by wyse van spreke tot stilstand gekom toe die eerste hartoorplanting daar deur prof. Chris Barnard uitgevoer is. SA se meesterskap op die mediese gebied is hier bevestig. Vele geslagte operasies het gevolg en Tygerberg met sy verpleeg-personeel wat internasionaal erkenning gekry het, het voort-gegaan om onder leiding van die beste medici lewens te red.

Navorsing is gedoen, studente het hier met trots hul lewensroeping leer vervul. SA kon met reg sy kop hooghou weens sy mediese prestasies en diens. Tye het verander en SA se kundigheid het oor die landsgrense verdwyn. Die politiek het nog altyd in die skeihof ge-eindig.

‚n Radikale herbouing van die hospitaal word beoog om die agteruitgang te stuit. Daar word oorweeg om die hospitaal van die grond af oor te bou. Die provinsiale minister van gesondheid, Pierre Uys, het bevestig dat die WNNR (wetenskaplike en nywerheids-navorsingsraad) ‚n uitvoerige verslag sal voorlê oor die verval van die hospitaal.

Hopelik sal die minister van gesondheid, Dr Mamo Tshabalala-Msimang aansluit by die opknappingsplan. Die herbouing van die hospitaal sal in fases moet geskied. Die hospitaal was al dikwels onder bespreking en daar was gedurig klagtes omdat dit moeilik is om die pasiente te versorg weens die agteruitgang. Presies hoe daar te werk gegaan sal word, is nog nie duidelik nie maar totale herbouing sal meer as een miljard Rand kos. Wanneer daar met die werk daadwerklik begin sal word, is nie duidelik nie. Dat daar egter dringend noodsaaklik na die gesondheidsdienste sal moet omgesien word voordat die Wereldbekertoernooi in 2010 aangebied word, is seker!

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia