![]() |
![]() |
|||||||||||||||||
|
Saturday 25th of February 2006 Plakkate geel en blou in die strate van die ou moederkaap. Elke party het sy boodskap en of dit ‘n groot leuen of ‘n kleintjie is wat hy daar uitbasuin, die publiek is die slagoffer wat hier te midde van die kakofonie (soos ‘n koerant hier dit verwoord het) maar net elke oggend weer verbykruie in sy motor en as die wind dalk middag waai is die mooi beloftes weggewaai voordat daar nog iets gebeur het. Die vraag kom op: Is dit die beste manier om die politieke proses van stapel te stuur so soos ;n ou bekende soort bier by voorbeeld in die mense se geheue moet vasgelê word? Hierdie plakkateveldslag van die pale moet nou adverteer om bestuurders in die vorm van kiesers te kry om die landsake te bestuur. Die ANC beeld die president uit as die gewone ou hier tussen oms met sy petjie en sy slagspreuk-sê: bou beter gemeenskappe, laat plaaslike regering beter werk. Dan is daar verder geen aanduiding van hulle burgemeesterskandidate nie. Die DA se Tony Leon glimlag vriendelik en die plakaat sê: Die DA lewer. Sy regterhand in Kaapstad is Helen Zille, die burgemeesters-kandidaat vir Kaapstad. mooi so, Tony! Laat die vrou tog voorvat! Nog ‘n plakaat sê: Vat jou stad terug! Stertjies van ewige RASSISME word aan hierdie slagspreuke gehang as sou Tony Leon weer die wittes teen die swartes wil saamsnoer. Wat ‘n lamlendige politiekery! Geen wonder die mense is sommer net gatvol vir politiek hier in die dlote terwyl die wêreld daar buite by SA verbygaan. Die IVP toon weer ‘n uitgestrekte handpalm soos een wat ‘n eed aflê. Hul slagspreuk is: ons beloof eerbaarheid en dienslewering. Maar hierdie party se poging is nie juis treffend nie. Die Onafhanklike Demokrate se grootste bate is die dame Patricia de Lille. Sy steun Simon Grindrod as burgemeesterskandidaat vir Kaapstad en haar plakkaat wil hom dan ook so voorstel. By de Lille verskyn die woorde: more voice for your vote! Nou, dis nie te betwyfel dat sy die party se vuurvreter is nie, maar sy is nie bevrees om haar plek volgens haar oortuiging vol te staan nie. Hierdie party wil graag raakgesien word! Die UDF se plakkate met min of meer dieselfde kleure as die ANC is taamlik verbeeldingloos. Die groen, swart en valerige geel is heeltemal te naby aan die ANC en sal sy kiesers verwar. Hulle val egter glad nie op nie en die party sal seker nie juis hoogtes bereik nie. Die Vryheidsfront Plus se leuse is: Meer as net opposisie! Dit kan wees dat hierdie party sy focus wil rig op die verdwaalde NNP wat nie juis saam met hul maats onder die ANC-karos wil inkruip nie. Die oud-NNP’s is ook nie juis baie tuis by die DA nie. Die Vryheidsfront wil te kenne gee dat hy nie net opposisie wil maak nie maar wel vir sy kiesers ‘n verskil wil maak. Die party is deur die president in sy staatsrede bedank vir die lys werklose kundiges wat hy ingehandig het en het bekend gemaak dat die eerstes reeds in Maart in poste aangestel sal word. Indien deelnemende opposisie uit die optrede van die party kan ontwikkel, sal dit ‚n baie groot verskil aan die politieke toneel kan maak. |
|||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||





