![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 10th of March 2006
Uitslae van die TRENTYRE Junior NTA toernooi wat op 3 en 4 Maart op Keetmanshoop plaasgevind het. Dogter o/10: A-afdeling Daniel de Villiers wen Lize Moolman 6-1/6-3 B-afdeling Sedi Jacobs wen Brenice du Plessis 8-7 Dubbels Daniel de Villiers en Brenice du Plessis wen Lize Moolman en Sedi Jacobs 8-6 Seuns o/10: Martin Barnard wen Katu Jacobs 6-0/7-5 Dubbels Martin Barnard en Ampie Esterhuizen wen Katu Jacobs en Armand Louw 6-0/6-1 Dogters o/12: A-afdeling Karieta Moolman wen Theresa van Zyl 6-1/6-2 B-afdeling Wenner Melanie de klerk Seuns o/12: Tuki Jacobs wen Brendan du Plessis 6-0/6-1 Dubbels Tuki Jacobs en Martin Barnard wen Brendan du Plessis en Kobus Brand 6-0/6-1 Dogters o/14: Maindraw Teri Olivier wen Mixy van Zyl 7-6/6-3 Backdraw Diandra Jooné wen Tohanett Blaauw 6-1/6-1 Dubbels Teri Olivier en Mixy van Zyl wen Karieta Moolman en Theresa van Zyl 6-3/6-3 Seuns o/14: Maindraw Johan Jansen van Vuuren wen JP de Klerk 6-2/6-3 Backdraw SW Strauss wen Hendrik van der Walt 8-4 Dubbels Hannes Coetzee en Hennie Blaauw wen Johan J v Vuuren en Zandré Duvenhage 6-3/6-1 Dogters o/16: Maindraw Luandrie Jooné wen Marisa Strauss 6-1/6-3 Backdraw Vera Green wen Jowina Erasmus 8-2 Dubbels Luandrie Jooné en Marisa Strauss wen Karien van der Walt en Jolene Louw 6-1/6-1 Seuns o/16: EW Blaauw wen Gert Martins 6-0/6-1 Dogter o/18: Antonia Ashipala wen Annaklate Mkumbi 6-1/7-5 Dubbels Luandrie Jooné en Marisa Strauss wen Antonia Ashipala en Annakleta Mkumbi 6-1/6-1 Seuns o/18: Henning Viljoen wen Alvin Anderson 6-4/6-2 Dubbels Henning Viljoen en EW Blaauw wen Gert Martins en Alvin Anderson 6-1/6-2 TrenTyre Junior NTA Toernooi Junior NTA ToernooiDanksy die borg van TrenTyre kon ons die afgelope naweek op Keetmanshoop ‘n suksesvolle tennis toernooi in die Suide aanbied. Die weer het goed saamgespeel en dit het nie dood gereën nie en ons het ook nie so warm gekry soos verlede jaar nie. Daar is van die ouderdomsgroepe waarin ons graag meer inskrywings wou hê, maar ons is heel tevrede, want die o/14 seuns en dogters se inskrywings was baie en die standaard was hoog. Die finaal tussen Johan Jansen van Vuuren en JP de Klerk was ‘n mooi wedstryd, ons kon na lekker sterk tennis kyk. Ons het ook baie inskrywings gehad in die afdeling o/16 dogters. Die toekoms lyk goed met die groepie o/10 dogters wat deelgeneem het. Die finaal van die dogters o/12 was ‘n baie mooi wedstryd tussen Theresa van Zyl wat eintlik nog o/10 is en Karieta Moolman. Dit is twee dogters wat nog ver gaan kom met hul tennis. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





