Munisipale Verkiesings in RSA

Friday 10th of March 2006
Petra Hamman

Die munisipale verkiesing in SA het ook ‘n inlvloed op ons situasie hier want stempatrone kom baie ooreen. In SA sowel as hier word volgens kleur gestem en daar is dus nie eintlik baie moontlikhede om alternatiewe bestuur in plek te kry nie en opposisie moet in elk geval ook ernstig begin besin oor die modus operandi van politiek bedryf in ‘ n moderne demokrasie.

Dis duidelik dat die stemmery in SA rassisties was en dat dit nie om beleid of kundige sisteme of gesonde ontwikkeling gaan nie.

Swart kiesers glo eenvoudig dis net de ANC wat hulle lot en dienslewering sal verbeter hoewel die voorbeelde van ineenstorting legio is (Eskom, bestuurstelsels in plaaslike bestuur, gesondhid ens.) Dis duidelik hoe die sisteme ly onder politieke aanstellings in hoogs tegniese poste (regstellende aksie) Om Eskom weer in volle produksie te kry het heelwat kundige mense nodig en tans is die SA ingenieurs ‘n bedreigde specie en die wat daar nog bestaan is ryklik versprei tussen Australie, Nu Seeland en Engeland onder andere. Hoekom?

Die kiesersgedrag is ook onverantwoordelik. Probeer net die ANC oormag (hoofsaaklik swart) stuit en stem DA! Die Vryheidsfront het duidelik te kenne gegee dat hulle ernstig werk aan ‘n sisteem van deelnemende opposisie en dat hulle nie net kritiseer nie maar wil bydra tot oplossings Mbeki se uitlatings oor die uittog van kundigheid in sy staatsrede het beslis daarmee te doen en die vars briesie van denke het heelwat te doen met die VF se pogings. In die verband word ander partye en selfs die amptelike opposisie ge-ignoreer Die gevolg van die varser denke is dat daar darem besin word deur de regering oor hoe om verlore kundigheid dalk terug te wen. Die VF is ook ‘n party wat sy verkrampte mantel heeltemal afgegooi het en hy vind die oor van die president. Dis ‘n skoon party sonder oorlopers en skandes. Maar die kiesers kyk verby hierdie positiewe ontwikkelinge in die politiekbedryf en stem in wese ook rassisties as hulle die kruisie by DA trek. Op die wyse kan daar nie verandering plaasvind nie en die politieke proses kan geen vernuwing ondergaan nie.

,n Veelpartykomitee eerder as ‘n uitvoerende burgemeester vr Kaapstad is ook ‘n nuwe gedagte wat na vore gekom het. Tussen die DA (meeste stemme)ACDP, die vierde grootste party en die OD (met Patricia de Lille) wat die magsbalans hou en die voorstel gebring het sal onderhandelinge gevoer word oor die voorstel Ook die ANC met die tweede meeste setels is miskien te vinde vir die idée.

Die onderhandelinge sal bepaal watter party watter portefeuljes beheer en wie dan in die poste van burgemeester en onder-burgemeester verkies sal word.

Hierdie reeling as dit so deurgevoer word, beteken reeds ‘n positiewe stap vorentoe.

Patricia de Lille met haar OD verdien ‘n pluimpie met hierdie vorstel

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia