Agbare Leake laat jou dink...

Friday 9th of May 2003
Petra Hamman

Die agbare dr. Leake Hangala, die voorsitter van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, het voorwaar ‘n waar woord gespreek op die werkersdag toe hy gesê het die tekort aan vaardigheid in Namibie is ‘n realiteit wat ‘n negatiewe uit-werking op die land as ‘n potensiële beleggings-be-stemming het. Die staat en die private sektor sou dan die verant-woordelikheid hê om die ekonomie om te draai en ‘n gekwa-lifiseerde arbeidsmag te kweek.

Dit is verblydend as dit ook sal beteken dat alle sektore ook ‘n bydrae moet lewer om te verhoed dat diegene wat huidig geleenthede ontsê word vanwee hul biologiese eienskappe ook in aanmerking geneem moet word.

Groot getalle kundige jongmense wat volgens wet met hul velkleur en geslag nie meer geleenthede in hul eie land kry nie wend hulle na die buiteland waar hulle opgeraap word en hul kennis gaan aanwend om ‘n ander land se beleggings-bestemming te versterk en sy belastingbasis uit te brei.

Vir enige ontwikkelde land in die wêreld is dit totaal onbegryplik dat ‘n onwikkelende land om politieke redes nie wil gebruik maak van die kundigheid wat hy het nie. Kundiges met die verkeerde velkleur uit RSA by voorbeeld wat wel ‘n bydrae kan maak tot ontwikkeling wat ook met opleiding kan help, kry met die grootste moeite werkpermitte of kry glad nie en as hulle verblyf kry, is dit teen ‘n onbekostigbare som geld wat hulle moet betaal.

Hierdie soort optrede van die owerhede sal met moeite die gebrek aan kundigheid kan oplos of ‘n vaardige werkersmag ontwikkel.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia