![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Rewolusie - en die Jeug is reg! Saturday 8th of April 2006 Die rewolusie van die jeug is volkome….met reg. Die getal werkloses onder die jeug groei daagliks en fokus op die potensiaal om ‘n globale rewolusie te word. Ja, dis reg. Al die cliché’s van die speelveld wat gelyk gemaak moet word, ons swem nou almal in dieselfde poel en die onregverdige praktyke van die bose verlede moet herstel word. Die rassisme loop dik en ‘n nuwe benadeelde klas word vinnig, baie vinnig, stewig gebou. Die toekomsvisie van die jeug word nou deur wetgewing vernietig. Dit word by die dag duideliker dat die meeste van die jong geslag geen redelike kans het om ooit formele werk te kry nie. Die swak onderwysstelsel veral in Namibie verseker die jeug van geen werk in die toekoms nie. Die owerhede het kennis geneem van die ontoereikende onderwysstelsel en roep hard na die sakesektor om tog geld te gooi in die onderwyspot sonder bodem. Hulle het nie lus nie. Hulle is baie langtand om geld in hierdie aangebrande pot te gooi. Ag die tekort aan skills wat so die ontwikkeling knel is tog so ernstig. Dienslewering deur munisipaliteite is ver onder vriespunt. Heeltemal niks werd nie en die potensiaal vir opstootjies en relletjies is blou in die blom. Die belastingbetalers moet tog krag spaar , water spaar. Die munisipaliteit se belastingbetalers moet tog vir die polisie ‘n voertuig skenk om hul pligte te kan uitvoer. Hoeveel keer moet die arme mense belasting betaal vir die verskillende owerheidsvlakke en die skills bly net uit. Die verkwisting woeker voort en die tekort aan die skills word weer voorgehou Hoekom is daar so ‘n tekort? Want sien die probleem is dat skills wat in die verkeerde velkleur gehuisves word, nie aanstelbaar is nie Die ongeborgenheid van die jeug groei net aan. Hulle weet dit sal vir hulle jare duur om opgelei te word om in die nuwe kennisekonomie te kan werk. Ouers wat oor die middele vir opleiding beskik, kan vir hulle kinders meer jare van studie, selfs oorsee bekostig. Maar diegene wat met die swak aanbieding van staatsopleiding moet volstaan, is daar eintlik nie ‘n toekoms nie behalwe ‘n politieke aanstelling. Die leer waarteen jongmense moet uitklim om ‘n plek in die lewe te vind word vinnig baie hoog. Hulle moet nie net geletterd wees nie, maar ‘n hoe vlak van syfervaardigheid he. Hulle moet ook in meer tale vaardig wees want hulle moet oor die grense van kulture kan beweeg en met verskillende mense kan saamwerk Europese lande werf ook sodanige opgeleide mense uit ander lande. Selfs bejaarde mense wat in werklikheid kwalifiseer om af te tree, kan op daardie ouderdom die nodige ervaring aan die jeug bring. Die groot tragedie van ons tyd bly die geweldige behoefte aan geborgenheid. ‘n Gemeenskap gaan slegs gunstig ontwikkel met sy jeug wat na liggaam en gees geborge is. Hier gebrek aan sekuriteit gee ook aanleiging tot die verlies van etiese en geestelike waardes. Misdaad neem toe. Jeugdiges se optrede skok. Ons dink aan die gedrag van ‘n groepie soos die gewraakte F.**……polisiekarre wat ‘n lewe uit hul "band" wil uitwerk. Hulle moet hulself laat geld. Kerk en opvoeders, ouers en skole kyk wat om julle aangaan. Sien julle die rewolusie van die jeug?? Het ouers van jong kinders werklik nog die reg om hul gesinne op so ‘n wyse soos wat vandag mode is, op te breek. Dan soek hulle ook weer sondebokke en gooi die las van opvoedingsplig af en skop dit vir die kerk of onderwysers. Het ons kennis geneem van die "verdwyning van die gewete?" Selfs in Europese lande soos Frankryk gaan die jeug met geweld strate toe en dit oor arbeidswetgewing. Namibie sowel as SA se gemeenskappe het ‘n geil veld voorberei vir die geregverdigde rewolusie van die jeug. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





