![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Die Pous, Dan Brown en die Heilige Graal Friday 26th of May 2006 "Der Wohlstand laesst uns unmensch-lich werden" Wyse woorde van Pous Benedikt XVI wat hy uitgespreek het tydens sy tradisionele seen"Urbi et orbi" by die Goeie Vrydag –optog wat hy gelei het." Die welstand laat ons onmenslik word" was die boodskap van die geestelike. Hy het ook die honger en elende veroordeel en die bede uitgespreek dat God die skandaal wat die mense wereldwyd in villas en krotte verdeel tot ‘n einde sal bring. Volgens die geestelike leier het die genot die dwelm van die mens geword en sal hierdie gemeenskap verswelg word deur selfsug. Ook die tegnologie is deur die Pous gegesel. Kloon en ander wyses waarop die mens hom as God se gelyke wil daarstel, is die grootste arrogansie en gevaarlikste avontuurtjie. Die gelowi-ges het hy gemaan om hulle vry te maak van die hebsug en selfver-heerliking sodat hulle weer ware lewensvreugde kan ondervind Die nuwe Pous het pas sy eerste ampsjaar voltooi en is besig om sy ware self nou aan die wereld voor te stel. Wat hierdie gebeure in die sentrum van die wereldfokus plaas, is die verskyning van die Dan Brown roman Da Vinci Code in die teater oor die wereld en wat die Katolieke kerk as die oor-spronklike Christelike kerk en die Christelike Geloof in sy fondamente laat wankel. Die oeroue legende van die Heilige Graal waarna dapper ridders soos Parzival en vele ander deur eeue heen op bloedige avonture gaan soek het en natuurlik nooit gevind het nie, is die kern van Dan Brown se roman. Die skildery van Leonardo da Vinci se Laaste Avondmaal beskik na oorlewering oor vele leidrade vir die oplossing van die geheim van die Heilige Graal wat die kern van Brown se roman is. Die roman is net dit wat die woord aandui, naamlik ‘n roman, fiksie en nie ‘n historiese verhandeling nie. Die roman het reeds vir die skrywer meer as $50 miljoen ingebring en daarby ‘n leserstal soos weinig voor hom op kan roem. Daarmee saam gaan dus ook wereldwye menings ten gunste of teen die werk. Lesers is geneig om dadelik na die Katolieke Kerk te verwys as diegene wat die mensdom sedert Christus histories wat die Geloof betref aan die neus gelei het Die film wat verlede week sy eerste vertonings in Europa gehad het, het duisende getrek maar die pers, veral in Duitsland het die rolprent aan flarde geskeur en selfs uit die perskon-ferensies geloop. By die Cannes filmfees het die ster Sir Ian McKellen wat die rol van Sir Leigh Teabing die Graal deskundige vertolk homself soos volg uitgedruk: "While I was reading the book, I believed it entirely, Clever Dan Brown twisted my mind convincingly. "But when I put it down I thought: What a lot of …..(eloquent pause) potential codswallop". Ander uitsprake was: "a stodgy, grim thing", "ponderous and full of mumbo-jumbo, "tripe of the highest possible order." Tom Hanks, wat die rol vertolk van die Harvard geleerde simbolis, Robert Langdon, se uitspraak was:" I view this as a great opportunity to discuss and clarify one’s own place in the universe and cosmos." Dat hierdie roman en film wel die wereld aan die debatteer sal sit is wis en seker. Die geheim van die Graal is nooit opgelos nie, daar was die gedagte dis moontlik die kelk waaruit Christus by de Laaste Avondmaal gedrink het, dis moontlik die mummiekop van Jo-hannes die Doper of dis die geheime van die bloedlyn van die nasate van Jesus en sy sogenaamde "vrou" Maria Magdalena by wie hy kinders sou verwek het. Feit is egter dat elke Christen seker wel diep sal nadink oor sy Geloof en besef dat dit wel die Godgegewe is en dat Dan Brown se storie wel net ‘n storie is en dat daar nie ‘n bose same-swering bestaan het rondom die persoon Jesus nie en dat die Kerk daarvoor die skuld moet dra nie. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





