Daar is Goeie Redes vir ons uit Afrika - om Duitsland of Europa te besoek

Friday 26th of May 2006
Petra Hamman

‘n Besoek aan Duitsland! Miskien menige jongmens se droom om die wereld te verken of selfs ouers om hul uitgeweke kinders te besoek.

Ja daar is goeie redes vir ons van Afrika om Duitsland of enige ander Europese land te besoek. Ook Engeland is deur verskeie bande aan ons mense gebonde.

Duitsland, so ryk aan geskiedenis en kuluur, so ‘n interessante en pragtige land vanwee sy natuur en sy boustyle deur die eeue. Selfs tot ver terug in die geskiedenis van die Romeinse Ryk, kan ons langs die Ryn en in Koeln oorblyfsels van boustyl en ander gebruiksartikels in die landskap of indrukwekkende museum beleef.

‘n Reis per boot op die Ryn van Bingen tot Koeln is ‘n sprokie wat jy deel van word. Veral as die boot by die Loreley verbyvaar, en die liedjie "Ich weiss nicht was soll es bedeuten" meteens die atmosfeer skep van die ou legende en jy die beeldjie van die skone jong-vrou daar op die rots sien, waar sy haar goue hare kam en die skipper homself daar verloor en sy klein bootjie deur die rotse verpletter word dan, leef jy jou in in die tallose stories van die vele kastele op die oewers van Ou Vader Ryn.

Vanaf die Romeinse tyd met sy sigbare teenwoordigheid in menige beelde pilare en murasies, tot die huidige tegnologiese omwentelinge en pre-stasies, dit alles is daar in Duitsland. Seer herinneringe uit die bloedigste, vernietigendste oorloe in die geskie-denis van die mensdom spreek jou ook hier aan en jou denke en waaroms laat jou nie met rus nie

Een aangrypende, onvergeetlike er-varing is die ontmoeting met die Frauenkirche in Dresden. 13 Februarie 1945 is hierdie kerk, die Huis van die Here, gebombardeer deur die Geal-lieerdes in die Tweede Wereldoorlog. Die standbeeld van die geloofsheld Martin Luther voor die kerk het egter behoue gebly. In die afgelope twaalf jaar is die statige ou kerk weer in sy statigheid herstel, en het dit weer ‘n plek van aanbidding geword.

Die Hertogstad Celle in die noorde naby Hamburg is ‘n sprokiemooi stad. Die geboue in die middestad is verstommende voorbeelde van Fach-werk. Naby hierdie prentjiestad is daar die stadjie Bergen waar daar in die oorlog’ konsentrasiekamp Bergen Belsen was waar die jongmeisie Anne Frank skryfster van die beroemde dagboek wat sy tydens die orlog in Holland geskryf het, gesterf het.

Oorlog is net gruwelik en tragedie het nie die keuse waar dit plaasvind nie, al is dit in hierdie sprokiesmooi stad.

Oor Duitsland en sy bekoring is biblioteke vol geskyf. As jy jou droom wil volg, in ons tyd is dit egter ‘n baie duur avontuur. In Namibie koop jy die Euro en die geldstelsel wat nou in die Europese Gemeenskap in gebruik is, is in vergelyking met Namibiese dollar, peperduur. Sewe plus N$ bring jou een Euro in die sak en ‘n inkopietoertjie kan jy maar uit jou gedagtes sit. ‘n Gewone dra-denim kan jou by ‘n uitverkoping N$400 uit die sak jaag. ‘n Lekker koppie koffie , so ‘n paar mondjies vol kan jou N$15 armer maak. Verblyf en vervoer is eintlik twee geldrillers. Maar die besoek bly nog die beproewing werd.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia