![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 9th of June 2006 ‘n Virussiekte versprei soos veldbrand in Windhoek", berig ‘n dagblad vandag. Toetse word in SA gedoen. In Namibie kan dit blykbaar nie gedoen word nie en monsters moet landuit gestuur word om vas te stel wat dit is. Hoekom so? Waar is die laboratorium wat nodig is?
Namibie het nie die moontlikhede nie, het nie die kundiges nie? Of hoe? Die hele bevolking moet inge-ent word. Die oudste pasient wat die siekte het is 76 jaar oud en die jongste is 14. Die vraag ontstaan nou of ons gesondheidsdienste in staat is om die siekte professioneel te behandel. Kan die owerhede die bevolking, die belastingbetalers sekuriteit bied? Of moet daar krampagtig hier en in die buiteland geskarrel word om hulp te kry? Het ons opgeleide verpleegpersoneel en medici om die krisis te hanteer? Of het ons hulle reeds aan die buiteland verloor? Omdat hulle nie hier kon werk kry nie? Dis wel belangrik dat die bevolking se vrae sal beantwoord word en hul vrese besweer word. Veel het gebeur op die politieke terrein wat die bevolking bewus gemaak het van die feit dat ons land tegnologies en wetenskaplik nie meer in staat is om by die vereistes van die tyd by te hou nie omdat poste polities en nie volgens vaardigheid gevul word nie. Die webwerf van die polio-bekampingsveldtog (www.polioeradication.org) gee inligting oor die owerhede se werkwyse wat nodig is vir die bekamping van die siekte. Veral lande in Afrika behoort sodanig gerat te wees sodat sodanige uitbrake met spoed aangespreek kan word. Die kabinet het wel ‘n taakspan onder voorsitterskap van dr. Libertine Amathila benoem om die saak te behartig maar die vraag bly bestaan hoe sien die kundigheid in die land daar uit om die publiek an veiligheid te verseker. Dit is die vraag wat by talle mense met wie PLUS in gesprek was, opkom en na antwoorde soek. Daar is ‘n beroep gedoen op die inwoners om hulle te laat inent, volwassenes sowel as kinders. |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





