Swakopmund: Joint Property Investments

Saturday 17th of June 2006
Petra Hamman

Joint Property Investments is ‘n nuwe eiendomsbemarking-konsep wat ‘n groep ontwikkelaars in Swakopmund ontwikkel het. Die program is aangepas by bestaande stelsels maar met die behoeftes van eiendomsbeleggers in Swakopmund in gedagte. ‘n Koper het deur die konsep ‘n bekostigbare geleentheid om in Swakopmund of elders eiendom te bekom deur ‘n aandeel in ‘n eiendomsprojek te koop. Twaalf aandeelhouers bele gesamentlik in ‘n eiendom soos ‘n ruim woonstel en verkry dan ‘n persentasie aandeel in die geheel. Hierdie aandeel is ‘n bate en verseker aan die aandeelhouer verblyf vir 28 dae per jaar. Die sisteem is geensins tyddeel nie want die aandeel beteken eiendom en is ‘n bate wat die eienaar ook in sy boedel kan vererf. Hy is nie ‘n huurder nie, maar wel ‘n eienaar en dit beteken geensins tyddeel nie.

Die sisteem is deeglik beplan en sal deur ‘n eienaarsbestuurspan bestuur word om aan te pas by die eienaars se behoeftes. Joint Property Investments sal die regs en finansierings-prosedures hanteer en vir die kliente die dienste lewer. Eiendomsagente sal die verkope behartig en die kliente bekendstel met die konsep. Potensiele kliente of belangstellendes kan volle besonderhede kry aangaande die stelsel op die webwerf : www.jointproperty.biz. Joint Property Investments se verteenwoordiger kan bereik word by tel 0811494040 0f e-pos info@jointproperty.biz Die Joint Property Investments – groep bestaan uit Uys de Vos, Pieter Hamman, Riaan Potgieter, Willene Havenga en kan gerus persoonlik geraadpleeg word aangaande besonderhede omtrent die beleggingsmoontlikhede.

Die wooneenhede sal ten volle gemeubileer wees, maar die eienaars sal geraadpleeg word in verband met besonderhede daarvan. ‘n Groot voordeel van die verblyf, is dat die inwoners se behoeftes en sekuriteit ten volle oorweeg word, en dien ooreenkomstig geakkommodeer sal word. Beheer sal ook uitgeoefen word oor die kwaliteit en in standhouding van die eiendom. Belangrik is ook dat die behuising vir die eienaar in vergelyking met heersende pryse aan die kus, binne die kleiner begroting val en so dus ook aan beginners die geleentheid bied om eiendom te verkry.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia