Tschernobyl-Tragedie - my gesprekke oorsee

Saturday 24th of June 2006
Petra Hamman

Tschernobyl-tragedie twintig jaar gelede. 26 April 1986. Hierdie dag was afgesien van die tegnologiese ramp wat die dood van ongeveer 90,000 mense veroorsaak het, ook die nekslag vir die Kommunistiese bedeling in Rusland.

Wetenskap en politiek het hier tromp-op gebots. Die dodelike gevolge kan vandag nog nie in werklikheid ver-woord word nie. Die gebeure herinner sterk aan die "Physiker" van die Duitse skrywer Duerrenmatt waar die vraag opkom : Hoe gaan die mens te werk met beskikbare wetenskaplik nage-vorste kennis. Hy kan dit tog nie weer teruggee in die niet van "nie-kennis" nie.

Die Duitse filosoof Hans Jonas se werk "Das Prinzip Verantwortung" is ook van toepassing. Hoe intensiewer die kennis, hoe groter die verant-woordelikheid. Hoe verantwoordelik is politici eintlik?

Die gebied waar die brand in die atoomkragsentrale destyds plaasgevind het, het gesterf net soos sy inwoners. Die stad Pripyat waar daar destyds 48,000 mense gewoon het, is nou verbode. Nooit weer sal hier mense woon nie. Die radio-aktiwiteit van die gebied sal nooit verdwyn nie.

In die buurland Duitsland het die mense doodse vrees belewe. Die uitstraling kon die atmosfeer, voedsel, plante, kortom ale vorme van lewe bedreig. Daar is baie gespekuleer en gedebatteer oor die gebeure. ‘n Bejaarde vrou het in gesprek in Duitsland aan PLUS gese, dis soos ‘n ma wat ‘n mooi blink kleurvolle ratelslangetjie met rooi strikkie en klokkie om sy nek in haar seun se pakkie onder die kersboom vir hom gee. Die hoogs gevorderde tegnologie in die hande van politici en werkers wat nie ‘n benul gehad het van die kennis en verantwoordelikheid wat die Tschernobyl-slangetjie beteken het nie.

In Europa is energie op elkeen se lippe. In Noord-Duitsland staan die wind-laaiers ry aan ry om krag op te wek. In die stede en langs die hoof-paaie staan die sonenergie-plate om die beste gebruik van die beskikbare son te maak. Oral op dakke word die verwar-mingsplate ge-installeer om die son aan te wend vir ‘altyd beskikbare" krag.

Dar is egter tans na raming sowat 440 atoomkragsentrales in bedryf waarvan 150 in Europa is. 17 daarvan is in Duitsland Of hulle veilig is? Ja, Duitsland het die les van Tschernobyl ter harte geneem. Om ‘n atoomkrag-sentrale te bedryf verg baie deeglike kennis van mense wat weet wat hulle doen en daarby die hoogste graad van politieke verantwoordelik-heid waaror die mens kan beskik. Indien hierdie twee faktore teen-woordig is, kan dit redelik veilig wees.

Die wereld is vandag uiters besorg oor Iran se kernkrag-bedrywighede en het in die week wat verby is weer by ‘n spitsberaad uitvoerig die aange-leentheid bespreek en aan Iran sekere aanbiedinge gemaak. Maar Iran volg sy eie kop en sy eie president. Daarby het Iran ook ‘n 15% aandeel in ons eie Roessing Uraanmyn wat hoog opgee dat hy net uraan lewer aan lande wat wil krag opwek.

Hoewel Tschernobyl nie meer die voorblaaie in die nuus haal nie, is daar mense in Europa wat daagliks deur hul handwerk geld insamel om die lot van die kinders van die ramp te verlig. Helga Bock is so ‘n vrou en sy kook nog al die jare konfyt, doen pottebakkery en naaldwerk om geld in te samel vir die kinders van Tschernobyl.

Gudrun Pausewang het ‘n boek geskryf "Die Wolke" waarmee sy die jeug aanspreek om die kernkraggevaar te ken.- Nog ‘n persoon wat haar teenkanting teen die kernkrag uitgespreek het in ‘n lang advertensie in Die Zeit" was Inge Aicher – Scholl die jongste suster van die jong studente Hans en Sophie Scholl van die Weisse Rose, die weerstandsbeweging wat in die Tweede Wereldoorlog ‘n veldtog teen Hitler geloods het.

Het Tschernobyl in ons tyd wysheid gebring? Of was die lyding tevergeefs. Die tyd sal seker leer.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia