![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Friday 30th of May 2003 Sê DIT MET BLOMME Die Minister van Finansies, mnr. Mbumba, sorg altyd vir iets opwindends wanneer hy sy begrotingsrede indien. Hierdie keer was dit twee klein babetjies wat voor die tyd saam met hom moes paradeer en ‘n bondel rooi rose aan elke vroulike lid van die parlement. Ek ken baie mans wat vir hulle vrouens blomme huis toe bring as hulle kwaad gedoen het. Toe ek die baie blomme sien, kon ek nie help om terug te dink aan hoe lelik veral die SWAPO manslede met die vrouens was toe die "Domestic Violence Bill" verlede jaar in die Nasionale Vergadering bespreek is nie. Ek dink dit gaan meer as blomme kos om dit reg te stel.
DUBBELE MAATSTAWE Waag dit net om iets teenstrydig teen die grondwet van Namibië te sê, en jy word gedreig om te geepad uit die Nasionale Vergadering. Wanneer SWAPO-lede egter verskil word dit hoog aangeprys oor hoe demokraties SWAPO in eie geledere is! Art. 98 wat oor die "Ekonomiese Orde" gaan, bly dikwels in die slag. Adjunk-Minister Iilongo, was aan die woord. "Free-market?" wou hy weet, "Free from whatever!" Geen privatisering. Staatseiendom moet staatseiendom bly en "our" geld moet net in Namibië belê word. Hy het nie verklaar waarom die regering nou "our money" in Angola gaan belê nie. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





