![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 28th of July 2006 Struggle is op hande. It’s business as usual. Transformasie en Regstellende Aksie en ras is die hoogste gesag. Die ras-ideologie het geen snars verander sedert die oorlye van apartheid nie. Waar die regstellende aksie en indiensneming se kodes gegeld het vir ondernemings met 50 werknemers en bo, is dit verskuif na 25 Die sondaars sal onverwyld voor die hof gesleep word en so kan die land teruggesleep word na die moerasse van rasaanbidding. Ons is onteenseglik by STRUGGLE die tweede. Waar is die demokrasie in exile? Hoe lyk die demokrasie waarvoor die magtige dreuning van die STRUGGLE die eerste op die tamboere weergalm het? Die bevolking van die land het ‘n plig. Hulle is nie onderdane van ‘n donker staat nie, hulle is demokrate. So se die grondwet (sela) Om die demokrasie in stand te hou moet regte opge-eis word. Goeie demokrate neem standpunt in wanneer die demokrasie bedreig word. Die demokrate glo in die regstaat. Die regstaat word bedreig. Die inwoners se basiese regte word daagliks uitgekalwer soos elke stelsel in die land verval en die belastingbetaler geen waarde vir sy geld kry nie. Misdaad, korrupsie, plaaslike owerheid, onderwys, gesondheid, veiligheid. Werkloosheid, rasse-diskriminasie, infrastruktuur wat sterf, moet die bevolking verdra en daarmee saamleef. Vaardighede waaroor die land beskik word deur rassisme uit die land verjaag en so moet dienste al meer verswak en ontwikkeling al meer agteruit gaan. So word die lewenskwaliteit van die inwoners elke dag gesabboteer. Onwettiges stroom oor die grense en word ‘n bedreiging vir die inwoners Elke geslag moet vir sy tyd verantwoordelikheid aanvaar en vir die jeug sorg Wat is ons nalatenskap vir die volgende geslag? ‘n Verstikkende rassesamelewing waar die regte velkleur de hoogste gesag is? Die STRUGGLE gaan nie oor die verlede nie maar oor die toekoms en struggle moet ons struggle. Die einde van die jaar kom nader. Ons jeug moet opgelei word. Onthou net as jy ‘n witvel is, is daar nie ‘n beurs beskikbaar nie. Watter beroepsleiding het die skool jou gegee met jou witvel? Nee, jy is baie bewus van die feit dat jy help om die nuwe agtergeblewe klas te vorm. ‘n Skikking kan gevind word, maar dan moet die jeug nie verder as gyselaars aangehou word nie. As die demokrasie in stand gehou word, deur voortdurende skikkings dan is die toekoms duidelik. Maar as die status quo gehandhaaf word, kan die wil tot skikking vervaag. Die demokrasie is ‘n lewende meganisme wat gereeld versorg moet word. Op ekonomiese gebied is die tyd ook besig om uit te loop. Die BBE strategie wat waarskynlik goed bedoel was, het ontaard in grypsug van die elite. In die woorde van dr Henning Melber: Black economic empower-ment (BEE) served the interests of a new bureaucratic elite from the ranks of the erstwhile Liberation move-ment." Die hande van die maghebbers is tuis in die koffers van die staat en strukture van miljoene word vir hulle opgerig terwyl lewensnoodsaaklike dienste soos onderwys en gesondheid ly. Kripto-kapitalisme en selfverryking het verseker dat die bejaardes mank gaan aan versukkelde pensioen en die kroniese armoede eem net toe in plaas van dat die BEE die verskynsel aangespreek het. Benadeeldes, word wakker, omgord julle lendene en raak weerbaar vir die STRUGGLE |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





