![]() |
![]() |
|||||||||||||||
|
Friday 28th of July 2006
Die nuwe C T M gebou wat met grasie verrys het aan die grens van Swakopmund se nywerheidsgebied is ‘n kosbare juweel vir die dorp en die omgewing tree tevoorskyn as mooi Swakopmund Saam met die tronk en die opgradering van die hospitaalingang, word hier ‘n driehoek gevorm wat ‘n opvallende samevoeging van die ou en die nuwe argitektuur uitdruk. Swakopmund is ‘n bevoorregte dorp in die land om te kan deel in die kunstige skepping van die argitek Erhard Roxin wie se opdrag dit was om die C T M gebou te ontwerp en dit te laat aanpas by die statige ou tronkgebou wat ‘n honderd jaar oud is. Die eienaars van die C T M gebou, Allmuss Properties Namibia Pty Ltd het beslis aan Swakopmund ‘n bate toegevoeg met die oprigting van die gebou en die riglyn om aan te pas by die argitektuur. Verder het die werk van die argitek getoon dat ‘n sakegebou in ‘n sakedeel van die dorp geensins ‘n stereotipe boustyl moet handhaaf nie Aangesien CTM in die boubedryf sake doen, kan die gemeenskap hoop op goeie sake vir die toekoms van die bedryf. Besoekers het ook reeds hul waardering uitgespreek oor die indruk wat hierdie driehoek maak wanneer ‘n mens as vreemdeling die dorp binnekom. Die ontwikkelaars, Hartman Invest-ments, 48 het beslis met hierdie ontwikkeling ‘n rigting aangedui wat vir toekomstige nywerheidsont-wikkeling van groot belang kan wees Die doel met nuwe ontwikkelings is geensins om die oue te probeer naboots nie maar wel om nuut te skep en die gees van die oue in kunstige ontwerp te laat voortlewe. Dit is dan ook die geheim van die bekoring van die dorp vir die besoekers Swakopmund reik graag ‘n PLUSpunt aan sy kranige argitek wat saam met ontwikkelaars en beleggers soveel waarde tot Swakopmund se bates toevoeg. Die CTM-gebou |
|||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||





