![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Swakop se „Jetty“ in sy Waardigheid herstel Friday 11th of August 2006
Swakopmund se trots, die brug wat nou in sy waardigheid herstel is en ‘n kosbare herinnering aan die pioniers van ouds is, sal beslis ‘n gesogte kuierplek vir besoekers sowel as inwoners in die toekoms wees. Die voorste gedeelte wat herstel is, vertoon reeds interessant en wanneer die verdere ontwikkeling wat Quinton Liebenberg daar gaan onderneem, afgehandel is, sal Swakopmund spog met ‘n nuwe juweel in sy kroon van kosbaarhede. Quinton Liebenberg, een van vyf tenderaars het die opdrag vir verdere ontwikkeling van die raad ontvang toe die tender aan hom toegeken is. Hy het saam met sy beplanners ‘n deeglike studie gemaak van die historiese gebeure rondom die brug wat eintlik as hawe in die kleine gedien het. Synde seun van die dorp, het Quiton geweet hy wil die landingsbrug met die atmosfeer van weleer weer terugbring vir sy mense en vir besoekers van elders Hy kan net met lof praat van die grootse poging van die munisipaliteit wat na jare se insameling van geld en hulle eie toevoeging die "jetty" in die volksmond, in sy nuwe gestalte weer daargestel het. Die voorste punt sal maar om verskeie redes aan die see teruggegee moet word en in die proses kan die "Suidwesters" nog van hom afskeid neem. Maar die deel van die brug wat die verjongingskuur deurgegaan het, sal hopelik genoeg bied om te vergoed en die afskeid minder seer te maak. Volgens Quinton word aan die voorpunt ‘n "gemuetliche" kafee/bistro/oesterbar beplan Heerlike seekos sal ‘n besoek hier baie noodsaaklik maak. Die uitkykdek hier sal ‘n eenmalige ervaring bring. Jy staan hier midde in die oseaan, kyk terug op die land en geniet die overgeetlike sonsondergang saans Aan die suidekant is daar die stapbaan en noord is daar die bedrywighede vir hengelaars en winkeltjies waar jy kan kuier. Quinton beplan om hier ook ‘n museum te ontwikkel om die geskiedenis van die brug uit te beeld. Op die brug sal geen toegangsgeld gevra word nie Quinton is verantwoordelik vir die instandhouding sowel as die sekuriteit hier by die brug. Hierdie projek is nie net bloot ‘n "ontwikkeling" nie maar hy sien dit as’n liefdestaak vir sy dorp en land. Die "jetty" sal ongelukkig nie hierdie jaar die land se kersgeskenk wees nie, maar hou maar dop. Aanstaande jaar Kersfees is daar sekerlik mooi dinge om na uit te sien. PLUS se sukseswens sowel as sy PLUSpunt gaan na Quinton en sy onderneming So het die Jetty gelyg voordat herstelwerk begin het |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





