![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||||
|
Saturday 19th of August 2006 Die gewere het stil geraak in die Midde-Ooste. Vyf weke van bloed en verwoesting en dood het oor die wereld getrek. Ook ons in Namibie het nie sonder letsel vrygekom nie. Weinig mense in die wereld het. Die moderne nywer-heidstoneel het ernstig gely onder veral brandstofpryse. Mense het weer bewus geword van die ernstige ernergie-krises waarin die wereld verkeer. Olie was vlak in elkeen se gedagte. Die Midde-Ooste is ons bron van olie. Nou ontplof die gebied in hierdie bloedige oorlog . Waar sal ons olie vandaan kom? Waar sal ons hulp vandaan kom? Die regering kan nie veel anders doen as om prysverhogings aan te kondig nie.. Te midde van kinderlykies, verwoes-ting en skokkende nuusuitsendings oor die wereld skarrel die VN vertwyfeld om op te tree. Hezbollah se bomme reen neer op Israel en Israeliese tenks beweeg in Libanon in en beur verder. Beirut, die pragtige "Parys" van die Ooste word vermink deur die Israeli-bomme. Die smart en lyding is nie vir enige joernalis om te verwoord nie. Die kapstok om die bloedige kopstamp tussen Israel en Hezbollah aan op te hang is die ontv oering van twee Israeli soldate en die dood van nog agt. Maar die stryd gaan eintlik baie verder terug in die geskiedenis. Enkele maande gelede is die nuwe president van Iran verkies en sy boodskap aan die wereld was dat hy Israel van die landkaart sal afveeg. Hy is die man wat Hezbollah fluks aan ammunisie help en Hamas die Regerende party van die Palestyne sekondeer Iran. Sheik Hassan Nasrallah van Hezbollah is tot die tande gewapen. Hy kan honderde missiele oor Israel laat reen. Sy boesem-bond-genoot president van Iran sien homself as die gesalfde om die Jode tot die laaste een uit te roei. Intussen woed die stryd om olie die wereld vol en ons in Namibie kry net aankondigings van verhogings. In SA gaan dit nie beter nie. Die propaganda in die Weste woed verbete voort en die ekstremiste kry net water op hul meul. Die prys van brandstof knou ook toerisme en dis duidelik dat nog SA nog Namibie enige oplossings kan bied. Intussen steier die VN voort om ‘n skietstilstand te bewerkstellig. Die heer Kofi Annan is hande in die hare. Die wereld het die slagoffers in die Midde-Ooste jammerlik in die steek gelaat. Dis duidelik dat die VN se sloerdery en onvermoe om op te tree, eers met die Irakse oorlog, Afghanistan en nou die Midde- Ooste die wereld se vertroue in die liggaam ‘n geweldige knou gegee het. Of die skietstilstand gehandhaaf sal word en of ‘n vredesmag in die gebied gevestig sal kan word is nog groot vraagtekens oor die liggaam. ‘n Blywende vrede is glad nie seker nie en in die proses is dit net weer duidelik die VN nie in staat is om internasionale konflikte te beredder nie. Die ekstremiste kan net nog meer ekstreem raak en sy laer trek en die energiekrisis wat hieruit kan ontstaan is geen regering in Afrika bekwaam om te hanteer nie. Afrika word moontlik die oliebron van die toekoms maar dis geensins duidelik of die ‘n seen of ‘n vloek sal wees nie. Die armes van die kontinent het steeds nie toekoms-vooruitsigte nie want wie sal hul swart goud kan ontgin en wie sal verseker dat die regmatige inwoners van ‘n olieland sal verlos raak uit sy armoedekettings Die verwagting is nou dat die olieprys sal daal as gevolg van die skietstilstand en met ‘n sterker rand behoort die petrolprys heelwat te daal Oliehandelaars bly in ieder geval bekommerd oor die toevoer van olie uit die onstuimige Midde-Ooste wat meer as een-derde van die wereld se olie voorsien. Daarbenewens kan die gruwelike beelde van verwoesting en kinderlykies uit die oorlogsgebied nog ‘n woede ontketen wat niemand sal kan keer nie. Die vraag ontstaan ook of mense nog die beelde van die Tweede Wereldoorlog in herinnering kan roep toe berge Joodse lyke in die Europese uitroeiingskampe die wereld geskok het maar nie tot woorde gemotiveer het nie. Die geskiedenis is ‘n harde meester. |
|||||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||||





