Selfone, die mens se stem

Friday 25th of August 2006
Petra Hamman

Selfone is die mens se stem dwarsdeur die universum . Selfone bring vreugde, irriteer en beloon elke dag. Tik ‘n paar karakters op jou selfoon enige tyd van die dag teen minimale koste en jy kommunikeer oor die wereld van die noordpool tot die suidpool. Die SMS is die stem van die mens.

Maar die SMS in die hande van die skoolkind het ook sy brekende invloed. Kinders se spelvermoe is juis nie die sterkpunt van die hedendaagse opvoeding nie en vir die heer SMS kan jy gerus maar sy taal skryf. Die matematiese 2, 4, die u het nuwe baadjies gekry in die kommunikeerbedryf. In die skole heers die SMS want jy duik weg onder die bank as jy oulik is en SMS vir hier en daar en die wiskunde trek by jou ore verby…. So what!!

Volgens ‘n onderwyseres in gesprek met PLUS, behoort kinders in die skool ‘n behoorlike kommunikasie-kursus te kry. Selfoonetiket behoort volgens me Van Heerden, deel van so ‘n kursus te wees. Skoolkinders kry selfone van hul ouers as veiligheidsmaatreel maar hulle misbruik die verbinding geweldig deur onnodige SMS’e op onnodige tye te stuur.

Selfs volwassenes by die werkplek stuur aanhoudend boodskappe selfs aan die persoon oorkant die lessenaar of in die kantoor langsaan. Die SMS-ter-minologie neem oor en mense kan al minder persoonlik met mekaar kommunikeer. Selfs die noodsaaklike kwaliteit-tyd tussen ouers en kinders word hierdeur beskadig.

Die selfoon is lankal nie meer net noodsaaklike kommunikasie nie maar het al statussimbool geword in die nuwe tyd van die tegnologie. Talle mense het al in ons land hul lewe verloor in ons misdaadkultuur en dit oor ‘n blote selfoon. Dit is die mees-begeerde item van die "colonialists" en laat sekere mense se status sommer meters hoog styg. Volgens selfooninstansies gebruik sowat 70% van die mense in die land selfone teenoor ongeveer 10% van die res van Afrika.

In skole word kinders se status onder sy makkers bepaal volgens die aantal SMS’e wat hy per dag ontvang

Maar dat die selfoon wel menslike verkeer en vriendskapsverhoudinge benadeel, was al die onderwerp van kommunikasienavorsing van universi-teite se kommunikasie-dosente.

Vriendskappe kan darem nog deur reelings op die selfoon in stand gehou word indien nodig en diegene wat ‘n mens wil vermy, kan jy gerieflik so afskud.

Sel-etiket is belangrik om die ontmens-liking ‘n bietjie te verbeter. ‘n Mens kan ook jou etiket in jou vriendekring ontwikkel. Lees jou SMS maar beantwoord dit ter gelegener tyd, nie in geselskap nie. Die selfoon kan lui maar beantwoord dit nie in geselskap nie. Skakel mense terug wanneer jy alleen is. Laat die persoon anderkant die foon nie die onderwerp van bespre-king word nie. Vir ‘n baie dringende oproep, verskoon jouself war jy alleen kan wees. Laat jou stemposbus gerus die boodskappe neem wat nie dringend is nie. Skakel gerus jou foon af as jy in gesprek met iemand verkeer.

Laat ons egter onthou gesonde menslike kommunikasie is om die persoon met wie jy gesels te laat voel soos die belangrikste persoon in die land.

Die selfoon het sy voordele om verskeie groepe mense te laat deel word van die wereldgemeenskap Selfoon het sy eie identiteit begin ontwikkel en die gemeenskap moet dus maniere ontwikkel om die medemenslikheid tog te behou. Die mens wat in jou direkte omgewing is en met wie jy mondelings kommunikeer behoort voorkeur te kry bo diegene wat jou net skakel of SMS’e stuur. Menige seer en onherstelbare menslike breuke het al ontstaan omdat mense net elektronies uitreik na mekaar en nie menslik nie. Die filosoof Clausewitz het in sy tyd gese dat as mense nie meer kan gesels met mekaar nie, skiet hulle mekaar. Reg, hy het nie ‘n selfoon gehad nie, maar vele oorloe leerken.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia