Dr Dawie de Villiers en Toerisme

Friday 25th of August 2006
Petra Hamman

So in die Springbokgees is dit sommer ‘n vreugdetjie om die legendariese oud-Bokkaptein van drie dekades gelede weer hier aan die suidpunt terug te verwelkom nadat hy die afgelope jare in die buiteland gewerk het. Dr. Dawie de Villiers. Hy is die vinnige witkop-skrumskakel wat doer in die donker dae van apartheid en anti-apartheids-betogings die Bokke gelei het.

Hy het as minister gedien in die kabinet van drie presidente – PW Botha, FW de Klerk en Nelson Mandela en het hoofsaaklik te doen gekry met toerisme. Later het hy oorsee by die WTO, ‘n spesialis toerisme-organisasie betrokke geraak en dis veral oor toerisme waaroor die gesprek gegaan het.

Hy het dit beklemtoon dat die aanloop tot die Wereldbeker sokkertoernooi 2010 in SA uit bemarkingsoogpunt nou belangrik is vir SA sowel as Namibie. Namibie is natuurlik nie direk betrokke by die sokker nie maar die geleentheid om die land aan die duisende gaste te bemark is daar.

Mnr Marthinus van Schalkwyk, mini-ster van omgewingsake en toerisme het ‘n verdere bykomende visie vir toerisme in SA uitgespel , naamlik om teen 2010 onder die eerste tien konferensie-toerismebedryf - bestem-mings in die wereld te wees. Weer is die moontlikhede vir bemarking vir Namibie ‘n moontlikheid.

Die minister is vol vertroue dat waar SA in die afgelope paar jaar ‘n hele aantal wereldkonferensies gehuisves het en hulle hul goed gekwyt het van die taak, raak die moontlikhede vir sport- , konferensie-, en sake-toerisme al meer moontlik en uitvoerbaar. Weer eens is die geleenthede vir die buurland Namibie nie te versmaai nie.

Konferensies en samekomste en spits-berade is wereldwyd ‘n belangrike deel van saketoerisme en dit is weer een van die snelgroeiende sektore van die bree toeristebedryf.

Wanneer SA of Namibie op die gebied genoegsame promosie kan doen en daarvoor kan sorg dat sisteme op lughawens, vervoer en sekuriteit en behuising die gewenste standaarde handhaaf en dit bedryf word deur opgeleide personeel, kan die duur konferensies soos die wat in die VSA plaasvind, wel begin verskuif na die lande.

So het Namibie ‘n geweldige toerisme-potensiaal en kan met goeie bemarking ook voordeel trek uit die teenwoor-digheid van sodanige gaste in SA. Om self sodanige byeenkomste in Namibie aan te bied kan seker ook met vrug ondersoek word.

Klientediens en die beskikbaarheid van die jongste tegnologie sal natuurlik van deurslaggewende belang wees by die ontwikkeling van konferensie-toeris-me. SA het reeds die leiding geneem op die vasteland en in die internasio-nale gemeenskap om ‘n markaandeel in die ontluikende markte in Afrika te verower. Indien 2010 suksesvol verloop en SA doen sake, kan die geleenthede vir Namibie ook oopgaan indien hy aan vereistes kan voldoen. - Maar sinlose verpolitisering van sodanige ontwik-keling sowel as gebrek aan vaardighede sal egter nie tot sukses bydra nie

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia