SAFA-Huis is daar

Sunday 17th of September 2006
Petra Hamman

Safa-huis met sy koepeldak in die vorm van ‘n sokkerbal is die hoofkantoor vir die Wereldbeker-sokkertoernooi wat in 2010 deur SA aangebied word.

Die gebou word opgerig teen ‘n koste van ongeveer R62 miljoen naby die FNB stadion. As gevolg van weers-omstandighede kon die fondamente nog nie gele word nie maar volgens die kosortium Phumelela Africa wat die gebou oprig, is hulle nog net 10 dae agter skedule en sal hulle beslis betyds gereed wees om die LOC (reelingskomitee) sowel as Fifa teen die begin van November te huisves.

Dit wil voorkom asof Fifa nie heeltemal tevrede is met die vordering van die voorbereidings nie en dat daar verlede week ‘n vergadering plaas-gevind het in Switzerland tussen hoe Fifa-amptenare en Irvin Khoza, die voorsitter van die plaaslike reelings-komitee.

Dit blyk nou dat Irvin Khoza sy aandag sal moet skenk aan die daaglikse verloop van die program en dat die Hoof Uitvoerende beampte van die reelingskomitee mnr Danny Jordaan bygestaan moet word om dinge te laat vlot. Daar word verwag dat die FNB stadion se opgradering teen einde 2008 hopelik voltooi sal wees om die Wereldbeker-finaal te kan aanbied.

Die aktiwiteite van die LOC is taamlik in geheimsinnigheid gehul en inligting is nie juis vryelik bekombaar van die bron af nie.

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia