![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 23rd of September 2006 Die Hererovolk is kniediep in debat oor hul geskiedenis en is blykbaar vasbeslote dat skadevergoeding vir hul lyding ‘n eeu gelede aan hulle uitbetaal moet word Die sogenaamde koloniale mag, Duitsland word aangekla vir onreg gepleeg teenoor die Hererovolk. Presies hoe die geskiedenis verloop het, sal die voorgeslagte sekerlik weet en as die debat vandag op regeringsvlak gevoer word en die leier Hoofman Kuaima Riruako in naam van sy volk groot geld eis van Duitsland, dan kan die Afrikaners seker ook daaraan dink wat met hulle gebeur het ‘n eeu gelede en hoe hulle gely het onder die wandade van Brittanje in die Anglo Boere-oorlog in SA ‘n eeu gelede Brittanje was deur die geskiedenis bekend as die mees imperialistiese onderdrukkende Empire van die vorige eeu. Nie net in Afrika het hy sy imperialisme en kolonialisme vrye teuels gegee nie, maar ook die Ooste moes daaronder ly. Die stryder Ghandi het ook sy land teen Brittanje se onderdrukking gelei. Die Boere-republieke Transvaal en die Oranje Vrystaat was in ‘n titaniese vryheidstryd met die Empire gewikkel van 1899 tot 1902. Natal en die Kaapprovinsie was reeds deur Brittanje geannekseer teen daardie tyd. Reeds in 1795 het Brittanje teen die Nederlandse nedersetting in die Kaap die Goeie Hoop geveg en die gebied beset. Later is die gebied teruggegee maar in 1815 is dit weer deur Brittanje verower en die keer was dit permanent. Die Boerevolk, van daardie tyd het onder hulle leiers vanaf 1838 die binneland in beweeg. Veral die leier Piet Retief het groot aansien onder die volk gehad en voor sy vertrek uit die Kaap publiseer hy in die koerant sy voorneme om die binneland in te trek en met die Zoeloevolk te onderhandel oor grond in Natal. Hy het dan ook met ‘n geselskap van 74 man na die koning Dingaan se kraal vertrek en deur bemiddeling van die Engelse sendelinge daar met die koning onderhandel. Nadat dit afgehandel was en albei partye met hul getuies die traktaat onderteken het en die Trekkers hul teenprestasie gelewer het soos deur die koning verlang, het hulle die gebied rondom Port Natal wettig bekom, en die mense het hulle daar gaan vestig Na die ondertekening van die ooreenkoms, het die Zoeloekoning egter bevel gegee dat die hele geselskap om die lewe gebring moes word. Maar die traktaat het behoue gebly as wettige dokument en is later aan Retief se liggaam gevind. Na Dingaan se dood het sy broer Panda die oordrag van die grond weereens bevestig en die mense het hulle daa gevestig. Dit het egter nie lank geduur nie, voordat Brittanje ook Natal geannekseer het. Teen die einde van die eeu is daar in Transvaal goud ontdek. By Kimberley is diamante ontdek en die volgende wat gebeur is dat die Britse troepe op die Natalse grens saamgetrek is en die oorlog breek uit tussen Transvaal en Brittanje Die Vrystaat is later ingetrek. Die Britte rig konsentrasiekampe in en die vroue en kinders word van die vernielde plase af weggevoer kamptoe. Die plase in Transvaal en die Vrystaat word afgebrand, diere almal doodgeskiet en vroue en kinders sterf in die kampe. 26,000 vroue en kinders sterf wreed-aardig. Die beleid van verskroeide aarde word deur Brittanje toegepas. Drie jaar duur die oorlog en die marteling van vroue en kinders. Boerekrygers is weggevoer na kampe in St Helena en Bermuda by gevangeneming. Na die Vrede van Vereeniging verloor die Boere hul vryheid, hulle keer terug na verbrande plase en moes self toesien hoe hulle weer in die toestand kon opstaan en voortgaan. Ook hul getroue plaaswerkers was deur die vyand saam met vroue in die kampe gestop of as handlangers gebruik. Brittanje het in 1902 oor die vier provinsies geregeer. Hulle het nooit weer uit SA gewyk nie. Vergoeding was nooit ter sprake nie en die mense moes maar uit hul ellende opstaan. 1910 het die Unie van SA tot stand gekom binne die Statebond. Hier was die weg vir die latere gebeure van 1948 voorberei. Brittanje het toe reeds ook die Rhodesiese gebied beset. Brittanje het sy stempel deeglik op Afrika en sy mense afgedruk Dus Hererovolk, leiers, dink julle nie die mense wat julle pyn verstaan is die Afrikaners nie? Net so min soos wat die pyn van hulle lyding ooit verstaan sal word, net so min sal julle werklik begrip van die wereld kan verwag. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





