Swakop se Markstalletjie

Thursday 21st of December 2006
Petra Hamman
Markstalletjies van kunstige handwerk by Swakopmund se Palmstrand  gaan  net vorentoe en die gehalte word net al hoe beter.  Houtsneewerk,  kralewerk,  juwe-le en  materiale is die kleurvolle aanbod  by die stalletjies.
Deur die jare het die  Namibie-mark daar ‘n instelling geword en met behulp van die munisipaliteit is die terrein netjies georden en die verskillende handwerk kan besigtig word en hopelik ook verkoop word
Verskeie van die aanbiedinge kom uit Caprivi en veral die stalletjie met die buffelhoringjuweliersware wat deur die jongman Nicky McCarthy gemaak word is baie treffend.  Hy is ‘n kunstige mens en om die aantreklike versierings van die horing te maak is ‘n besondere kreatiewe produk wat hy aanbied.
Die mark bly steeds ‘n toeriste-aantreklikheid en met die dat die stalletjies  so netjies vertoon lewer hulle ook ‘n beduidende  bydrae tot toerisme.
Alle bevolkingsgroepe van die land is by die mark verteenwoordig en dis duidelik dat elkeen ook sy besondere handwerk bevorder.  Die Herero-pop is ‘n kosbare erfenis uit die pioniersdae toe die sendelinge die  handwerk  aan die Herero’s oorgedra he en hulle eenvoudig hul eie drag sowel as hul kenmerkende pop tevoorskyn gebring het.  Die Here-ropop is bekend en ‘n ware karaktertrek van die spesifieke bevolkingsgroep.
Die markstalletjies van Palmstrand is ‘n onmisbare kultuuraanbieding van die bonte kultuurskat van die land en gelee langs die  historiese Duitse Bezirksampt is in werklikheid  ‘n pragtige bladsy uit die die groot geskiedenisboek van die opkomende Namibiese volk.
Foto: Die pragtige stalletjies-mark van Swakopmund

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia