Monument van die nuwe Swakopmund: Stadtmitte

Thursday 21st of December 2006
Petra Hamman
STADTMITTE   Ja, dit is die nuwe Swakopmund  Die baanbrekers wat meer as ‘n eeu gelede hier kom vestig het, en met mening die woestyn getem het, sal seker trots wees op hulle nakomelinge wat  hierdie  einste sakebegin van hulle , vandag  met nuwe vaardighede, tegnologie en deernis met die oue, uitgebou het as ‘n waardige  moderne  klein stadjie.
Die gerief vir die hedendaagse mens is hier, die atmosfeer van die historiese is in die argitektuur  behou en vir die huidige leefwyse kan ‘n aangename inkopietoertjie hier  geniet word.
Die stoere ou veteraan Café Treffpunkt  is hier en strek  van  sy bekende Kaiser Wilhelmstraat (Sam Nujoma Avenue) deur tot in die Stadtmitte waar hy soos ‘n wafferse patriarg  oor sy  weglesnoer uitkyk oor die jonges hier om hom.  Koop gerus hier rondom Café Treffpunkt maar  weet dat hy jou dophou en sonder ‘n goeie geurige koppie koffie daar, kan jy nie huis toe gaan nie.  Om nie te praat van die kaaskoek en ander smulgoed wat  jou mond laat water.
Stadtmitte  was ‘n welkom toevoeging tot die aansig van die hoofstraat en bied ook plek vir nuwe ondernemings,  winkels met hulle nuwerwetse modes en juwelierware.  Stadtmitte bind ook die hoofstraat  op aantreklike wyse met die verdere sakeuitbreiding in die suidelike rigting.
Swakopmund kan met reg se dat sy die groeipunt en die “mooipunt” van die land is. ‘n Kuiertjie hier word al meer  en meer die moeite werd.  Hier kan  die argitekte hul  beste lewer en dis duidelik dat Namibie in persone soos Erhard Roxin, Leon  Barnard en Winfried Holze  hul kreatiwiteit en kennis aangewend het om  in die hartjie van Swakopmund ‘n mens-vriendelike  sakegebied in die lewe  te roep.  Van die banke tot by die kuierplekke is dit ‘n mensvriendelike omgewing en Swakopmund se dankie aan die skeppers daarvan
Mag ons gaste hierdie seisoen lekker kuier en terug by die huis vertel van die mooi van ons dorp.
Groot ontwikkeling het in die jaar in Swakopmund plaasgevind.  Alle projekte is nog nie finaal afgehandel nie maar  daar is goeie hoop om in die nuwe jaar die voltooiing van al die mooi te beleef en in die toekoms te geniet.
Mooi so, munisipaliteit en ontwik-kelaars! ‘n Handdruk vir julle van  julle vriend PLUS

back
 

Plus online by Plus Weekly
Publisher: Feddersen Publications cc.
email : info@namibiaplus.com
Tel: +264 (0)61 233635
Fax: +264 (0)61 230478
P.O.Box 21506
Windhoek
Namibia