![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Josef het gedink voor hy (verkeerde dinge) doen Thursday 21st of December 2006 Josef het sy tyd bereik waar hy getrou met sy arbeid in Windhoek, Swakop-mund en elders vir sy gesin gesorg het. Hy wil nou aftree en huis toe gaanJosef is ‘n boorling van Kavango, het die veranderinge in die land belewe maar het sy lewe ingerig ooreen-komstig sy geloof waaraan hy reeds van jongs af aan vasgehou het. Hy het nie geleer lees of skrywe nie maar met sy flinke denke het hy sy werk benader en altyd die praktiese weg gevolg. Hy het, in sy eie woorde:” Ek het gedink voordat ek gedoen het” Josef het gedink en hard gewerk Hy het nie lyf weggesteek nie want dan kon hy nie vir vrou en kinders voorsien nie. Enige werkgewer kon hom met sy lewe of huis en haard vertrou. Josef het nie van werkgewers verwissel nie. Die laaste jaar van sy loopbaan het hy dieselfde werkplek gehad en alles in sy vermoe ingesit. Sy tuin het geblom. Sy werkgewer se huis was sonder ‘n stoffie of rafel. In sy vrye tyd het hy ook loswerkies gedoen, nie net vir die geld nie maar ook om te leer. Josef het nooit opgehou leer nie en sy geldjie was maand vir maand by sy gesin in Kavango. Daar moes hulle sy diere versorg en die land bewerk. In sy verloftyd was hy daar om hand by te sit. In gesprekke oor die politiek was Josef gelate en het altyd gese oor die mense so baie lieg, sal die sake nie mooi loop nie. Hulle sal nie vir hul mense kan sorg nie want sien die kiesers is mos soos jou vrou, jy lieg nie vir haar nie en jy verneuk nie en jy sorg vir haar. Sy moet kos kry en gesond wees en kans kry om te leer en te werk. Sy moet haar huis kry en jy moet sorg dat haar kinders almal kos en klere kry. Jy steel ook nie van jou vrou nie en jy sal nie vir haar of die buurman se vrou slaan nie. Nie sommer moeilikheid soek met ander nie. Gaan liewer jou gang saam met mense wat goed is. Josef se filosofie sou hom dalk ‘n taamlike geslaagde president gemaak het. Wie weet? Dalk is daar tog ‘n politikus wat by Josef kan gaan leer. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





