![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Die Pop is lankal saam met ons Thursday 21st of December 2006 Die POP is saam met die mens, deel van die mens sedert prehistoriese tye. Die pop het ook die religieuse figure van toentertyd uitgebeeld maar ook sekere simbole beteken. Die pop was altyd ‘n deel van elke dogtertjie se grootword- proses. Die pop is enige ouma se geliefkoosde geskenk vir haar kleindogter. Die pop is maatjie, sussie, dogtertjie en sielsvertroueling. Geheime word gedeel en die wonder van die grootmenslewe word aan die hand van die pop gesoek en verken. Dogtertjie se vrouwees ontwikkel aan die hand van Pop. Die mode, die image, die ek word aan die pop toevertrou. Pop het ‘n naam, Pop word Mevrou, Pop hou teepartytjies maak mooi en nooi gaste. Pop is ook baba. Sy word knus in haar bedjie getroetel, sy doen babatjie – dinge en moedertjie versorg haar. Liefdevol word sy in die waentjie gestoot as daar gestap word of dorp toe gegaan word of vir Ouma gekuier word. Dit is dogtertjie-wereld. Maar alte gou is babatjie ‘n langbeen tiener en die Barbie figuurtjie verskyn. Die winkelrakke is ook vernuftig genoeg om te sorg dat Barbie met al modieuse uitrustings beskikbaar is en Ma en Ouma sorg dat hulle volgende verjaarsdag of Kersfees daar verskyn. Barbie kom sommer met haar eie motor aan en dis nie hoelank nie of Ken daag ook op. Saam is daar hulle pophuiswereld om te verken en die meubels en bykomstighede word aangeskaf. So het duisende dogtertjies oor die wereld die afgelope vyftig jaar sedert Barbie se verskyning die wereld leer ken. Ruth Handler die vindingryke skepper van Barbie het in die halfeeu vir Barbie in elke beroep denkbaar geplaas soos die tyd aangestap het. Barbie het die ge-emansipeerde vrou geword en dogtertjies se wereldbeeld help bou .Menseverhoudinge was ook die pop se gawe aan haar dogtertjiemaatjie Barbie het die kommersiele wereld stormenderhand verower. Siedaar, die vrou van vandag wereldwyd. Barbie en Ken was ‘n paartjie, maar in die gees van ons tyd is hulle na 42 jaar uitmekaar en dis nie meer die wereld se bekendste paartjie nie. Die pop het nog nooit die vrou se verbeelding ontwyk nie. Lappoppe, porseleinpoppe, statige dames uit alle mode-tydperke het verskyn. Die pop het afgesien van die kindertrooster ook die leidende mode-dame geword en versamelstukke het hul statement gemaak . Verskillende lande het hul poppe geskep om hul trotse nasionale drag, hul simbool langs hul vlag te vertoon. By die skepping van die kosbare poppe het die fynste kunswerke tevoorskyn gekom. ‘n Pop uit hout gemaak van Oberammergau is ‘n skat van onberekenbare waarde. Die pop, kosbare besitting, troue metgesel en opvoeder is dalk besig om haar plek af te staan aan die gevoellose tyd wat ons betree het. Bratz met haar vulgere voorkoms, haar oorvloedige geverfde gelaatstrekke, haar misvormde kop, bont hare met “highlites” is ‘n regte kindbangmaak. Sy is glo COOL, wat dit ook al mag beteken. Sy het dosyne goetertjies soos hangers, handsakke en blokskoene, spykerbeentjies. Sy is die mode-model. Meisie-tjies met beentjies en dikste boudjies (junkfood) het Bratz op haar Kerslysie Maar dis duidelik dat die winkels nie juis oorvloedig ingerig is om poppe te verkoop nie. Want sien, rekenaarspeletjies met twyfelagtige inhoud is die wens vir die krismiskous. Speel, en dit nog met ‘n pop, is nie cool nie. Hoe lyk ons kinders se vreugde in ons tyd? Ingevoerde versamelstuk @ N$ 3900 |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





