![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
Saturday 20th of January 2007 ‘n Mooi oomblik vir ons viervoetige metgeselle. ‘n Pop is uitgeloot ten bate van die DBV (SPCA) en mev Maureen Mouton saam met mev Rozelle du Preez van Swakopmund Spar deel die groot oomblik om te besluit wie die gelukkige wenner van die prys sal wees. Mev du Preez trek die gelukkige nommer en dan sal die fraaie pop aan die wenner besorg word. Mev Hettie van der Westhuizen van Swakopmund Welwitschia Versekeringsmakelaars was toe die gelukkige wenner en die organiseerders se baie dankie aan haar vir haar deelname. Hopelik sal sy vreugde he aan die pop en ook bly wees oor die geluk wat sy gebring het aan hondjies wat gevoed word.Swakopmund Spar is ‘n getroue ondersteuner van die DBV en het deurlopend ‘n insamelingsaksie vir hondekos in die winkel. Klante wat inkom is reeds gewoond daaraan dat ‘n groot houer daar gereed staan om goeie dierevriende se skenkings te ontvang. Hierdie is maar een klein voorbeeldjie van al die uitreikaksies wat Spar vir die gemeenskap van Swakopmund onderneem. Werklike omgee-aksie beteken om uit te reik na mens sowel as dier Die hond is dan die mens se troue metgesel . “And God said: “I will create for you a companion, Both his love for you And his name will be a Reflection of my own And you will call him DOG Hierdie is die gebed van ‘n getroue hond Gee tog dat my baas getrou bly aan sy medemens Soos wat ek aan hom getrou is. Maak hom geheg aan sy huisgesin en vriende Soos wat ek aan hom geheg is. Mag hy soos ek, waardig wees Vir die vertroue wat in hom gestel word. Gee hom ‘n opgeruimde en blymoedige gees Soos wat ek met my swaaiende stert openbaar, Besiel hom met ‘n gevoel van dankbaarheid Soos wat ek met my lekkende tong bewys Maak hom geduldig Soos wat ek is wanneer ek sy voetstappe Sonder kla vir ure afwag. Besiel hom met my waaksaamheid, my durf En my bereidwilligheid om gerief en selfs My lewe vir hom op die altaar te plaas Laat hom sy lewenslus en begeerte Om te speel altyd soos ek behou Maak hom net so ‘n goeie mens As wat ek ‘n goeie hond is MAAK HOM ‘n WAARDIGE BAAS VIR SY HOND!!!! |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





