![]() |
![]() |
|||||||||||||||||||
|
West Coast Radio FM 107.7 Joint Partner of PLUS Saturday 20th of January 2007 Scharl Moller is ‘n bekende naam in die uitsaaiwese. Hy het pas hier aan die kus in Swakopmund die nuwe stasie Westcoast bekend gestel en is ywerig besig om ‘n gemeenskap –uitsaaistasie vir die weskus op die been te bring. Daar sal in Afrikaans, Duits en Engels uitgesaai word en jongmense met hul welluidende en stewige stemme kan gerus kom besoek afle by die ateljee en hulself vergewis van die aktiwiteite en programme van die stasie Skakel gerus vir Sharl Moller by 0811274024 om ‘n afspraak te maak of selfs om enige interessante gebeure met hom te deelTans is Heinrich Marnitz van radio-faam uit SA hier op besoek om as adviseur op te tree en dit is duidelik dat hy nog dikwels hier gesien sal word om hierdie kleuterstasie na sy volwassenheid te begelei. Sakelui is baie welkom om te kom gesels en van hul ondernemings te vertel. Bekendstellig op die lug kan ook vir hulle tot groot voordeel wees. Die kusdorpe, Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai sal deur die stasie bedien word. Belangstellendes, musiekmakers en selfs kinders is welkom om hul gedagtes in die ateljee te kom deel. Swakomund is trots daarop dat die nuwe gespreksgenoot hom hier kom tuismaak het en hoop dat diegemeenskap die geleentheid tot gesels sal geniet en kreatief gebruik Westcoast, ons is bly jy is ons gas. |
|||||||||||||||||||
![]() |
Plus online by Plus Weekly |
![]() |
||||||||||||||||||





